Gedenkdiens by Kyalami vir Gugu Zulu

Gugu Zulu (Foto: VW SA)

Gugu Zulu (Foto: VW SA)

ʼn Gedenkdiens ter ere van die renjaer Gugu Zulu, wat verlede week Maandag op Kilimandjaro in Tanzanië gesterf het, word Dinsdag by die Kyalami-renbaan in Johannesburg gehou.

Die gewilde renjaer en televisie-aanbieder is oorlede aan griepsimptome terwyl hy gepoog het om die kruin van Kilimandjaro, die hoogste piek in Afrika, te bereik. Hy het saam met sy vrou Letshego en ʼn span van 42 die Trek4Mandela-ekspedisie aangepak om fondse in te samel vir hoërskoolmeisies.

Zulu sal Donderdag uit die Rhema Bible Church in Randburg ter ruste gelê word.

Lees alle vorige berigte oor Gugu Zulu op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.