Geweld breek weer in Jhb uit

Foto: @SiyabongaMotha/Twitter

Die polisie het mense gemaan om weg te bly van die Johannesburgse middestad en spesifiek die gebied rondom die MTN-taxistaanplek nadat betogers weer die strate ingevaar en ondernemings begin aanval het.

Die polisie en Johannesburgse metropolisie monitor sedert vanoggend Jeppestown en omliggende gebiede nadat ʼn kennisgewing uitgereik is dat Mangosuthu Buthelezi, stigter van die IVP, mense gaan toespreek oor die afgelope tyd se geweld.

Hordes mense het na Jeppestown gestroom om na hom te luister, maar het kort nadat hy begin praat het, uitgestap en die strate ingevaar. Van die mense het knopkieries by hulle gehad en het begin dreunsing terwyl hulle die strate ingevaar het.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het gesê aanvalle op ondernemings is intussen in dele van die middestad aangemeld. Polisiebeamptes het met skokgranate en rubberkoeëls die skares uitmekaar probeer dryf.

Volgens Peters het talle ondernemings hul deure gesluit en is die polisie op hoë gereedheidgrondslag om skade en geweld te probeer beperk.

“Lede van die publiek moet eerder uit die gebied bly om seker te maak hulle word nie beseer of onnodig in hegtenis geneem nie,” het Peters gesê.

Meer as 400 mense is reeds weens xenofobiese misdadigheid in Pretoria en Johannesburg in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Frik ·

Naweek was weer te lank vir sommige. Met ‘n voormalige terroristegroep in beheer van hierdié land, kan wetgehoorsames nie enige suksesvolle optrede van die regering verwag nie. Hierdié moeilikheid gaan nog oorspoel na woonbuurte.

Skaap ·

Kom nou mense
Hou op kla
Dit is hoe Afrika moet wees, want dit is is Afrika.

Werner ·

Wel solank die oorlog Met rubber koels baklei word gaan hy nie ophou nie net eskaleer

Oom leeu ·

Betooger regeer Suid Afrika .DIE regering het geen beheer in die land .Die SAP is net daar in naam,doen niks en eet net hoender.

Arno v d Merwe ·

Daar is wel n paar uitsonderings van polisie lede wat wel n verskil probeer maak. Moet asb nie ons almal onder dieselfde kam skeer nie

Haarmald ·

Wel kom ons gee net die regte benaming vir dit wat aangaan. Dis nie Xenofobie nie.

Dis dood eenvoudig swart-op-swart geweld.

As dit Xenofobie was sou hulle mos weg hardloop van die buitelanders af, want ‘n fobie is iets waarvoor jy bang is. Nie waar nie?

Sarel ·

Dis nou juis wat verkeerd gerapporteer word. Hulle (saps) hardloop meer gereeld weg as wat hulle iets uitrig. Hierdie uitlanders verjaag almal uit hul gebied en geboue.

Charles ·

Nee Haarmald…. die regte benaming van dit wat aangaan is anargie. Dis wat dit is

Bert ·

Dis natuurlik die vorige plunderaars wat gearresteer was en alweer met ‘n waarskuwing vrygelaat is.

Compensation ·

Hulle het seker weer gehoor dat hulle kan “expropriate without compensation”.

HPV ·

Winkels en inrastruktuur was nie geplunder in die apartheidsjare nie, ons was ogelei in onlusbeheer en het dit toegepas. Ook was daar immigrasiebeheer.

Sieg ·

So gaan hulle alles verwoes geen beheer oor hulle self nie wat nog te sê van die polisie beheer oor hulle.

Dolf ·

Die kriminele is nie bang vir wet en orde nie. SAPS en selfs die weermag van vandag beteken niks! Die ANC het die wetteloosheid gestig, (in die vorige bedeling) nou moet hulle deel daarmee en kan dit nie doen. Glo hulle wil ook nie regtig nie en daarom sal Suid Afrika dieselfde pad as Zimbabwe loop, hartseer maar die waarheid.

George in Bloem ·

Hulle luister nie eers meer vir hulle eie leiers wat hulle self gekies het nie. Hier kom GROOT probleme. Hierdie ding kan heeltemal handuitruk en baie lewens kos.

Dries du Toit ·

Dit is nou die buitelanders se besighede. Daaarna kom hulle vir die wittes.. Die boere is reeds lankal geteiken.

Christa ·

Is die polisie so sleg on die plunderaars Vas te vat. Hulle hoort vir goed weg gebere te word. Hulle het Niks. Doen Niks goed, maar plunder wat nie hulle sin is nie . Het die polisie nie meer amunisie nie of doen hulle maar net opservasie

KrokodilBotha ·

Vannand slaap ek rustig en tevrede met die geluid van branders in die agtergrond. Dankie tog dis nie meer apaaaaaartheid se skuld nie. Uitstekende welvaarende week wat voorle aan almal.

Waarheid ·

Siener het geskryf swart gaan teen swart baklei en dan swart teen wit.
Wees paraat….

Elna ·

Ek het aan daardie einste woorde gedink van siener en dis inderdaad waar al wou ek dit nie geglo het nie dis besig om te gebeur.

Abe ·

Haarmald.
Nee, dit is nie waar nie. “Fobie” is n sielkundige term wat baite meer behels as vrees. Lees bietjie na daaroor!

@Waarheid ·

Swart baklei lankal teen wit. Hulle noem dit net iets anders en dit kry nie media dekking nie. Vanweë die enorme misdaad, word dit verdoesel as net nog ‘n misdaad, soos hulle tans ontken dis xenofobies en dit afmaak as plundery deur kriminele. In dié hele proses om misdaad sy loop te laat neem, het die ANC hulleself nou in die voet geskiet want nou raak dit buitelanders; die einste buitelanders wat meer regte en voorregte het as wit Suid Afrikaners wat hier gebore is en gereeld deur wetgewing soos regstellende aksie van geleenthede uitgesluit word. Ek wil sê hierdie is bloot die ANC se “chickens coming home to roost “.
En soos met meeste krisisse in SA sal daar nie oplossing wees nie en het hierdie regering nie antwoorde nie want hulle regeer vanuit hebsug, korrupsie en onkunde.

CallieL ·

Wat kan jy verwag van leiers wat Mugabe as n held beskou en totaal die feite dat hy n land vernietig het en duisende se dood veroorsaak het ignoreer. Is dit nie maar die standaard waaraan die mense glo nie. Die land gaan totaal in anargie verval as daar nie n wonderwerk gebeur nie. Kolla en die liberaliste glo ek weet nie meer wat om nou te doen nie. Ergste is hierdie is wat Verwoerd ook voorspel het

Dr Phil ·

Dit wat nou gebeur, is al lankal te wagte: geweld was die gunsteling instrument in die aaa en see se arsenaal tydens die vorige bedeling. Die doel was om die land onregeerbaar te maak sodat hulle kon oorneem. Sedert hulle aan bewind gekom het, het nog nie EEN van die presidente die balls gehad om aan die gepeupel te vertel dat dit nou moet stop nie. Nie eens Mandela het daardie insig gehad om geweld af te sweer nie. As die regering geweld wil stop: sweer dit dan eers af en gee ondubbelsinnige opdrag dat die volgelinge dit moet staak. Tot dan – wishful thinking….

Willem Grobler ·

Verskoon my dr. Phil – dink jy die drywer van ‘n weghol trein kan vir die lokomotief sê “oukei, dis nou genoeg. Stop nou”?? As die brieke meegegee het is dit Ikabod! Die brieke van hierdie betrokke lokomotief het nie net meegegee nie, dit is aktief gesaboteer. Staan maar vas. Dié rit gaan nog rof raak.

Renier ·

Trevor Noah sê dit is die witman se skuld. Witman in Amerika gee luidkeels applous en Denemarke stuur geld om witman te straf.

Chris.E ·

Ek het probeer om Siener van Rensburg se boeke te lees. Vir my te moeilik. Ek glo nie aan profesieë, waarsêers of mediums nie. Wat ek kan onthou was dat volgens sy voorspellings sou die geweld/onluste iewers in die Wes Transvaal naby of op ‘n koppie begin. Daarna sal dit na ander dele van die land versprei en in die mynwese die ergste wees. Daar sal swart op wit geweld in die suide van Johannesburg wees. Dit sal egter kortsondig maar bloedig wees, voordat hulle op mekaar gaan draai. Soos genoem ek het kennis daarvan geneem. Johanna Brand het glo ook voorpellings gemaak. Sy het glo in haar tyd aan die stamkapteins geskryf dat hul nasate nie die blankes onderdruk wanneer hulle een dag in bewind kom nie. Indien dit gebeur gaan hulle (swartes) baie swaar gestraf word en moeilike tye beleef. Ek sien maar wat om ons gebeur. Ons sal met die Here se genade daardeur kom.

John ·

Wanneer opstokers en geweldenaars, stakers en gegriefdes nie aan enige wette onderhewig gehou wil word nie en die polisie aan diens, maagsere kry… dit is SA tans… maar dit is ook ‘n wèreldtendens. Geen grens word meer geduld nie en barbarisme word weer die nuwe ou lewensstyl. As die koek geflop uit die oond kom help dit nie om dit met watte op te stop en mooi te versier nie. In die aanvanklike konkoksie lè die oorsaak.

hercu ·

definisie van ‘n anargie:

“toestand van wanorde as gevolg van afwesigheid of nie-erkenning van gesag of ander beheersisteme – wetteloosheid, afwesigheid van regering, rewolusie, opstand, oproer, rebellie, muitery, wanorde, chaos”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.