Griekwastad-moorde: “Die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika”

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens 'n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

Die beskuldigde in die hof saam met sy prokureur tydens ‘n vorige verskyning. Foto: Lani Fouché / Central Media Group

JONGSTE: Die uitspraak is gelewer. Klik hier om meer te lees. Regterpresident Frans Kgomo het Donderdagoggend begin met sy uitspraak in die moordverhoor van ʼn 17-jarige seun.

Die seun word beskuldig van die moord op Deon Steenkamp (44), sy vrou Christel (43) en dogter Marthella (14) op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad. Die seun word ook daarvan beskuldig dat hy Marthella verkrag en staar aanklagte van dwarsboming van die gereg in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte.

“Daar is geen moontlikheid dat ʼn enkele skieter die huis ongemerk kon betree nie,” het Kgomo gesê. “Die honde sou geblaf het.

Kgomo sê, indien die verweer geglo word, het die enkele skieter (“lone ranger”) ongewapen die plaas betree, die gesin in ʼn oop gedeelte van die huis ontglip terwyl hulle daar ontspan het, en na ʼn slaapkamer agter in die huis gegaan om die moordwapens te bekom. “Waarom sal ʼn aanvaller, wat moord wil pleeg, in die huis insluip?” wou Kgomo weet.

Kgomo sê die aanvaller het die drie Steenkamps met hul eie vuurwapens vermoor. Die aanvaller het, vir geen rede hoegenaamd nie, ʼn jagmes uit die kluis gehaal en die kluis se sleutels, ander vuurwapens en ammunisie en ongeveer R32 000 kontant en verskeie beursies met kontant daarin agter gelaat.

Hy sê die gesteelde mes moes met diamante uitgelê wees vir die plaasaanvaller om al die vuurwapens in die kluis te los.

Kgomo sê die aanvaller het boonop van die moordtoneel af weggestap en hul voertuie, met sleutels in die aansluiter, in die skuur gelaat.

Hy sê die aanvaller het daarna die moordwapens 50 meter van die huis in die gras langs die pad laat val. “As dit die waarheid is, is dit die domste plaasaanvaller in Suid-Afrika,” het Kgomo gesê.

Hy sê dit is onverklaarbaar hoe so ʼn oortreder ongeveer 45 minute lank in die huis kon wees sonder dat die Steenkamps dit agtergekom en voor die skietery begin het.

Met verwysing na die seun se getuienis dat hy in die skuur was terwyl die moorde gepleeg is, het Kgomo gesê dit is belangrik vir die seun. Indien die seun nie in die skuur was nie, sou hy saam met die gesin in die huis wees en ook vermoor word. Hy sou die aanvaller gesien het. Anders was hy moontlik kop in een mus saam met die aanvaller of hy het self die sneller getrek.

Die uitspraak duur voort. -SAPA

Lees ook:
Griekwastad-moorde: Uitspraak vandag verwag
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Griekwastad-moorde: Verkragting en moorde hou nie verband nie
Griekwastad-verhoor hervat
Griekwastad-moorde: Seun se aansoek misluk
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat
Griekwastad-moordverhoor: Regter beslis oor uitstel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Tiener pos regspan
Staat: ‘Griekwastad-moorde was beplan’
Griekwastad-moorde: Dié vonnis as hy skuldig is
Griekwastad-moorde: Slotbetoë vandag verwag
Huisgenoot tereggewys oor Griekwastad-tiener
Griekwastad-moorde: Verhoor onverwags uitgestel
Video: Griekwastad-moorde: Verkragting was dalk die motief
Griekwastad-moorde, verkragting aan mekaar verbind; saak uitgestel
Griekwastad-moorde: Seun se getuienis “onmoontlik”
Griekwastad-moorde: Verdagte het glo niks gehoor
Video: Moeilike vrae aan Griekwastad-verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte se kruisverhoor hervat
Griekwastad-verdagte getuig
Griekwastad-moorde: Verdagte begin getuig
Griekwastad-moorde: Staat sluit saak af
Griekwastad-moorde: “Tiener se verklaring klop nie”
Griekwastad-moorde: Marthella se bloedspoor vertel gru-verhaal
Griekwastad-moorde: Raaisel oor onbekende vingerafdruk dalk opgelos
Griekwastad-moorde: Elke slagoffer met twee vuurwapens geskiet
Griekwastad-moorde: DNS-monsters onder loep
Griekwastad-moorde: DNS-kenner se getuienis vandag verwag
Griekwastad-moorde: Geen kruitneerslag; hof hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Steenkamps is verskeie kere geskiet
Griekwastad-moorde: Dokter praat oor beweerde verkragting
Griekwastad-moorde: Media mág hoor oor Marthella
Griekwastad-moorde: Hof mag dalk nie hoor oor Marthella se nadoodse ondersoek
Griekwastad-moorde: Inligting op seun se selfoon uitgevee
Griekwastad-moorde: T-hemp dalk tydens rugbywedstryd uitgerek
Forensiese kenner praat oor bewyse op T-hemp
Griekwastad-moorde: Verhoor duur voort
Griekwastad-moorde: Plaasarbeiders getuig
Griekwastad-moorde: “Tiener was histeries”
Griekwastad-moorde: Saak hervat vandag
Griekwastad-moorde: Polisie ontken bewerings deur AWB-vrou
Griekwastad-moorde: Saak gaan voort ondanks “belydenis”
AWB-lid beweer betrokkenheid by Griekwastad-moorde en ander plaasaanvalle
Griekwastad-moorde: Saak wéér uitgestel
Griekwastad-moorde: Saak weer uitgestel
Griekwastad-moorde: Verhoor hervat vandag
Griekwastad-moorde: Seun erf R23 miljoen
Griekwastad-verhoor uitgestel
Griekwastad-moordtoneel glo “ongewoon”
Griekwastad-moord: Jeugdige het glo sielkundige gesien
Griekwastad-inwoners herleef trauma
Griekwastad: Kameras het glo nie gewerk nie
Boer vertel van Griekwastad-moord
Griekwastad-moorde: Hof besoek moordtoneel
Griekwastad: Vingerafdruk ‘n raaisel
Griekwastad: Bewysstukke reg hanteer
Foto’s van Griekwastad-slagoffers in hof gewys 
Griekwastad-moorde: Seun pleit onskuldig
Griekwastad-moorde: Verhoor begin vandag
Griekwastad-moorde: Verdagte ook van verkragting verdink
Griekwastad-moorde: Uitspraak oor appèlaansoek
Griekwastad-moorde: Seun hoor oor borg
Griekwastad-moorde: Seun hoor amper oor borg
Griekwastad-moorde: Seun dalk weer agter tralies
Griekwastad-moorde: Staat appelleer vandag
Griekwastad-moorde: Verhoordatum bekend
Griekwastad-moorde: Seun se voog en skool skik buite hof
Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat maan voog
Griekwastad-moorde: Staat appelleer teen borguitspraak
Griekwastad-moorde: G’n skool vir verdagte
Griekwastad-moorde: Verdagte kry borg
Griekwastad-moorde: Meisie nie seksueel aangerand
Griekwastad-moorde: Koelbloedig en vooraf beplan
Forensiese toetse lei glo tot inhegtenisname
Griekwastad-moorde: Familielid vas
Griekwastad-moorde: Polisie ondersoek selfmoordpakt
Ouers wil Don glo nie by skool hê 
Griekwastad-moorde: Seun is bewus van gerugte
Tiener glo verdink van Griekwastad-moorde
Foto’s: Drie van Steenkamp-gesin roerend gegroet
Griekwastad-moorde: Seun kry glo regshulp
Griekwastad-moorde: Polisie wag op uitslae van forensiese toetse
Sussie sterf in sy arms
Drie van gesin op plaas doodgeskiet

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rentia ·

Hoe onaangenaam en moeilik dit ookal vir baie mense klink, hy gaan tronk toe, dis ‘n uitgemaak te saak.

AmY ·

Hy moet boet vir sy dade. Al is hy dan nou ‘n ‘weeskind’. Wonder hoeveel jaar gaan hy kry? Geen versagtende omstandighede hier nie, asb.

Peter Says ·

Jammer die doodstraf is afgeskaf, hoop hy sit vir ewig agter tralies.

Rudi ·

Vir altyd hier agter tralies, vir ewig daar onder in die vuurtjie.

Zanelda ·

Ek salute hierdie regter. Man hy se dit so direk, “die domste plaasaanvaller in SA” Don jr, ek hoop jy het dit gelees want jy was so dom. Hoe kan jy enige proper brains he behalwe miljoene omdat jy te sleg is om te studeer en te wil werk vir jou eie geld. Jy het net dollars gesien seun, wonder hoeveel van die miljoene gaan na jou voog se sak. Ek ruik lont hier. Seker geweet jy sal nie lank sit en ek glo die hele ding was beplan maar jy is nie allen met die slenter, jy het iemand wat ook wil deel he van die miljoene en plase. Rot in hell Don jr

Slim Daan ·

Sien jy nou wat is die gevolg as skoolboeke nie afgelewer word nie? ( Hier verwys ek nie na die domste plaasaanvaller nie, net ingeval jy……..soort van misverstaan. ) Comrehende motchachos?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.