GROOTfm 90.5 loop deur onder vandale         

GROOTfm 90.5 het Sondag sy vyfde verjaardag gevier en is op dieselfde dag vroegaand van die lug af as gevolg van erge vandalisme.

Die stasie se tegniese span het Sondagaand eers die toerusting in die ateljees begin nagaan en daarna ook die sekondêre “hop site” in Moreletapark waar geen probleme gevind is nie. Aangesien dit toe reeds pikdonker was kon die span nie ʼn omvattende ondersoek by die toring op die Magaliesberg doen nie, maar dit was toe reeds duidelik dat vandale die slot by die toring se beheerkamer afgekap het.

Twee van die kabels is hoog op in die toring afgesny en die tegniese span het deur die nag asook Maandag gewerk om ʼn tydelike oplossing te vind sodat GROOTfm 90.5 weer kon uitsaai. Die kabels is tydelik gelas terwyl daar gewag word op nuwe kabels wat nie van ʼn rak af gekoop kan word nie.

Die stasie is intussen weer op die lug, maar met ʼn verswakte seinsterkte wat krapperig klink en nie op alle plekke in die groter Pretoria duidelik gehoor kan word nie. Dit is as gevolg van die gelaste kabels wat die sein belemmer. Intussen word alles moontlik gedoen om die stasie so gou moontlik en met volle seinsterkte weer op die lug te kry.

GROOTfm 90.5 se bestuur en personeel het hul lojale luisteraars en adverteerders bedank vir hul geduld en ondersteuning gedurende hierdie tyd.

Ten spyte van die probleme met die FM-uitsending was GROOTfm 90.5 deurlopend beskikbaar op DStv kanaal 820, op hul webwerf of op hul app wat afgelaai kan word vir Android- én Apple-slimfone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Petro ·

Ja nou sal die goed die uitsaai stasie verniel sodat ons nie die nuus kan hoor nie

Cherokee ·

Tog snaaks dat daar mense is wat bevrediging vind in vandalisme. Dat dit geniet kan word om iets af te breek. Selfs al sien hulle nie die geteisterdes se ontevredenheid en teleurstelling nie, vind hulle genot daarin. Neem ‘n spyker en stap by ‘n spog motor verby en skraap die deur; bloot omdat hulle nie self een besit. Sielkundiges kan gerus vir ons vertel hoe sò een se kop werk.

TLC ·

Jo so klim ek in my motor maandag oggend oppad werk toe O wee GROOT FM weg Ok gaan maar jacaranda stasie toe Wat n straf was dit om weer na hul te luister dinsdag Dankie tog kon met gekrap wel opvang Maar sal nie somer weer na ander stasie kan luister nie Ruben en sy boksombende het nogal heelwat onder my vel ingekruip So bly jul terug met gekrap en al

Tanya ·

Geluk met julle verjaarsdag . Ek bid vir julle my dag was sommer goor toe ek julle nie kon kry nie ek luister elke dag na julle by werk en as ek nie julle kan luister nie ??

Linda Green ·

Ek het julle net so gemis. Ek het toe Impact Radio geluister. ‘n Baaaie beter alternatief as Jakaranda ? Dankie julle is almal awesome!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.