Hamas-bevelvoerder sterf in Israel-aanval

ʼn Bol rook bo Gaza tydens ʼn Israeliese lugaanval op 9 Oktober 2023 (Foto: Mahmud Hams/AFP)

Die Palestynse militante groep Hamas het Dinsdag gesê een van sy topleiers van sy gewapende vleuel is dood in ʼn Israeliese aanval in die Gaza-strook.

“Ayman Nofal, ‘Abu Ahmad’, ʼn lid van die algemene weermagraad en bevelvoerder van die sentrale bevel in Al-Qassam-brigades, is dood in ʼn Israeliese aanval,” het Hamas in ʼn verklaring gesê.

Die Israeliese weermag het nie dadelik die sterfte aan AFP bevestig nie.

Die ministerie van gesondheid in Gaza het aangevoer sowat 3 000 mense is Dinsdag dood in Israeliese aanvalle. Meer as 12 500 is reeds beseer sedert Israel met sy bombardement begin het, in reaksie op ʼn aanval deur die Hamas-militante op 7 Oktober, die dodelikste aanvalle in die land se geskiedenis.

Meer as 1 400 mense is reeds dood in Israel, aldus Israeliese beamptes.

Israel het meeste van sy grensgemeenskappe tydens die voortgesette vyandighede ontruim. Dit is egter nie moontlik vir Gaza se 2,4 miljoen inwoners om die Palestynse grondgebied te verlaat nie.

VF Plus sal hom nie laat voorskryf oor Israel-konflik

Jennifer Glover, VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad, het intussen gesê die party sal hom nie laat voorskryf of laat intimideer oor die konfliksituasie in Israel nie.

Die Ekurhuleni-metroraad se speaker, Nthabiseng Tshivhega, het Dinsdag gedurende ʼn spesiale raadsvergadering daarop aangedring dat raadslede staan en ʼn paar oomblikke van stilte handhaaf vir die “mense van Palestina”.

“Die VF Plus het geweier om aan die gebaar deel te neem en is van mening dat dieselfde eer ook teenoor die inwoners van Israel betoon moet word,” sê Glover. “Die VF Plus staan in solidariteit met die mense van Israel in sy stryd teen die terreurgroep Hamas en sal nie in raadsale gedwing word om eensydig kant te kies nie.”

Glover sê dit is vir die VF Plus onaanvaarbaar dat die speaker nie die berekende en bloedige aanval op burgerlikes in Israel veroordeel het nie. “Hierdie soort optrede is oneties en onbehoorlik.”

Dit volg ná nuus dat Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), die leier van Hamas, Ismail Haniyeh, telefonies gekontak het. Die departement het benadruk Pandor het nié haar steun aan die terreurgroep Hamas toegesê nie.

Dirco het dit Dinsdag onomwonde gestel dat Pandor ’n versoek ontvang het om Haniyeh te bel oor hoe Suid-Afrika humanitêre hulp na Palestina kan stuur. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

Die bose loop onvermomd die wêreld vol. Ook hier by ons. Selfaangewese martelaars in mags posisies.

M ·

Stem 100% saam…. en laat hulle maar betaal …. mens bedink eers voor jy sinnelose aksies uitvoer !!

Jywilwat ·

Hoe vinniger ons van hierdie ANC sirkus ontslae kan raak, hoe beter.

57 Chevy ·

Niks meer as reg nie VF ….julle het reg op getree . Dis sommer twak dat die regering namens ons praat en laat voor sê !

Net-my-opinie ·

Natuurlik steun hulle Hamas, dis net wanneer hulle uitgevang word, dat hulle kamma-kastig nie kant kies nie. Cyril het omonwonde verklaar hy steun die Palestyne.

Althes ·

Suid-Afrika het genoeg probleme en ekonomiese uitdagings. Ek dink die hele land moet hul bepaal by SA se brandkwessies en bid vir vrede in Palistyne/Israel oorlog.
SA is te lig in die broek om rammetjie uitnek te wees met magtiger lande.

Johann ·

Verstaan nou nie so lekker die ANC se lieg nie? So die leier van Hamas wat n lafhartige gewetenlose aanval op massas onskuldige mense losgelaat het…vra vir Pandor vir humanitere hulp? Wel syt beslis NIE namens my gebel nie. Skaamtelose terrorisme.

Yvonne ·

Die regering kan nie eers hulke eie land regeer nie wat staan nog mond uitspoel oor ander lande

hpven ·

Hiemee teken ek ook beswaar aan dat enige terreur groepering, regerend of nie regerend, ‘n soldaat, vegter of weermag genoem word. As SAW veteraan salueer ek alle teen-terrorisme groeperings, weermagte, soldate en veterane!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.