Hofsaak begin om munisipale verval te stuit

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. (Foto: Morné Prinsloo)

ʼn Nuwe vorm van munisipale administrasie wat eksterne beheer oor elektrisiteit- en ander dienstegelde toelaat, is dalk Suid-Afrikaners se voorland.

Só sê Sakeliga wat met ʼn nuwe litigasiestrategie vorendag gekom het om plaaslike ekonomieë van munisipale verval te red.

In hofstukke wat aan twee munisipaliteite in Noordwes, asook die minister van finansies en andere gerig is, vra die sakegroep die hof vir nuwe ingrepe, wat nooit van tevore op munisipale vlak toegepas is nie.

Volgens Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, wentel die voorgestelde ingrypings om die instelling van ʼn sogenaamde spesiale meester. Dié persoon of entiteit sal die beheer van elektrisiteit- en watergelde oorneem, asook korrupsiebewyse en ander verslae saamstel om terugvoer aan Sakeliga, die respondente en die hof te gee.

“Wat nuut is hieraan, is dat dit nie net ʼn pleister oor diensteonderbrekings plak nie, maar dat dit ʼn langtermynoplossing bied,” sê Le Roux.

“Daarom wil ons hê dat onafhanklike ouditeure aangestel moet word wat die water- en elektrisiteitsgelde van munisipaliteite kan oorneem. Die sogenaamde spesiale meester sal dan die nodige fondse aan Eskom en waterverskaffers oorbetaal vir dienste wat gelewer is en die infrastruktuur wat onderhou is.

“Hulle sal ook ʼn goedgekeurde bedrag aan die munisipaliteit en administrasiespan beskikbaar stel.”

Volgens Le Roux probeer Sakeliga ʼn situasie ontlont wat dreig om die hele land te destabiliseer.

“Die mislukking van plaaslike munisipaliteite kan ʼn algehele ineenstorting van bestuur op alle vlakke van regering tot gevolg hê. As ons net voortgaan om interdikte te kry wat die afsny van dienste deur Eskom en waterrade verbied, gaan Eskom en die waterrade finansieel ineenstort en die hele fiskus saam oor die afgrond neem. As ons egter toelaat dat die krag en water afgesny word of onderbreek word, dan is dit die einde van die ekonomie in daardie dorp.

“Dienste moet gelewer word, daarom moet die nodige betalings daarvoor die regte bestemming bereik.”

Die voorgestelde litigasiestrategie, indien die hof dit goedkeur, sal in werking gestel word tot die nasionale tesourie se finansiële herstelplan behoorlik in werking gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dup ·

Die A en C moet dit sterk oorweeg om ñ kunsmis fabriek te begin……alles waaraan hulle raak verander in bemesting.

Boon ·

Ek is lid van Sakeliga juis omdat hulle nie net kitiseer nie, maar met werkbare oplossings na vore kom. Al die wittes wat net veralgemee en alle swartmense afkraak, maak.my gateway lam. Hulle moet n slag voor die spieël staan en hulzelf ondersoek. En die predikante moet hulle kuddes kwaai aanspreek or hul liefdelose gedrag en selfsugtige gesindhede.

Adri ·

Ek kan verstaan dat sommiges nie oor die gawe beskik om ‘n munisipaliteit suksesvol te bestuur nie, maar dat hulle nie die gevolge van hulle pligsversuim kan insien nie, gaan my verstand te bowe. Waarom vra hulle nie vir kundige hulp nie?

Kokerboom ·

Dankie Sakeliga. Dis ‘n vars briesie oor Dup se kunsmisfabriek jul uit die boks denke. Die huidige regime het nie die vaagste benul waar hul is, wat hul doen en hoe om uit die gemors te kom!!

Johanncb ·

Sterkte Piet! Ons ondersteun jou! Ons land lê letterlik in stukkies agv wanbestuur!

JohanR ·

Hallo mense…..wil julle nog ANC in die Wes-Kaap stem? In 1990 was daar heelwat ANC intellektueles(nie Dr Pallo Jordan nie). 27 jaar later is jy ‘n ANC intellektuele, as jy ‘n 30.5 percenter is!

Anel ·

Uiteindelik iemand met ‘n plan! Maar maak dit ‘n permanente plan. Geen kader munisipaliteit moet daarby betrokke raak nie.

KB ·

Die ANC en TV-sepies is deesdae sinoniem:
Elke dag dieselfde storie, as karakters uitgedien raak, word hy/sy met ‘n nuwe vervang, interne-familietwis is standaard, die geskreëry opmekaar is algemene gebruik, en die storielyn word elke dag flouer. Boonop is korrupsie en bedrog deurentyd te bespeure.

annie ·

Onder wit administrasie? Hoe goed bedoel ookal en dit sal 100% doeltreffend wees, maar die hele idee van swart beheer draai juis om self-verryking, -verryking, -verryking… en die zoi van die goue eiers van die ou gans. Nou wil Sakeliga die fun spoil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.