Huishulp, 4-jarige verdrink in swembad

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Huishulp en ʼn vierjarige seuntjie het Vrydagmiddag in ʼn swembad by ʼn huis in Kenwyn in Kaapstad verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die vrou en seuntjie in die swembad gedryf.

Volgens Botha is albei uit die water gehaal en het paramedici onmiddellik behandeling begin toepas. Die huishulp is op die toneel dood verklaar. Paramedici het intussen met die seuntjie na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas, maar hy is kort ná sy aankoms dood verklaar.

Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Dit is tragies. Daar is egter 80% geen verskoning dat so iets gebeur nie. Daar behoort verpligte veiligheids standaarde te wees met die ontwerp en bou van n swembad soos onder andere n doeltreffende tralieomheining met n hek wat vanself toegaan en dan behoorlik Grendel.

Peet Schabort ·

En moenie die ander ‘watergate’ soos visdammetjies vergeet.
Die veiligste nog is ‘n net of seil gespan oor die swembad.
Nou egter raak dit tydrowend om die swembad te gebruik en te beveilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.