Irak dreig Turkye – vra Rusland vir hulp

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Argieffoto: http://galleryhip.com/

Minstens 150 Turkse soldate en sowat 25 tenks is na die Irakese stad Mosul, wat onder beheer van die Islamitiese Staat (IS) is, ontplooi.

Volgens Turkye is dit bloot ʼn “opleidingsoperasie” ter ondersteuning van die Koerdiese Pesjmerga-magte. Die Turkse-Koerdiese soldate is al twee en ʼn half jaar in die noorde van Irak gestasioneer om die Pesjmerga-magte te help veg teen die IS.

Hakim al-Zamili, die hoof van Irak se parlementêre komitee oor veiligheid en verdediging, het gesê Turkye moet sy soldate onttrek en gewaarsku die moontlikheid bestaan om Rusland vir hulp te vra teen Turkye, aangesien Turkye die grondgebied van Irak sonder toestemming betree het. Haider al-Abadi, Irakse premier, het Turkye 48 uur gegee om hul soldate uit Noord-Irak te onttrek.

ʼn Hooggeplaaste parlementswoordvoerder in Irak het ʼn paar weke gelede genoem hulle oorweeg om Rusland te vra om hulp te verleen in die oorlog teen die IS. Moskou het dit duidelik gemaak Rusland sal hulp verleen, indien die gekose regering van Irak militêre hulp vra. Rusland en Irak het sedert die begin van die Russiese toetreding in Sirië, ʼn gesamentlike geheimedienssentrum in Bagdad.

Die Turkse media soos die koerant Hürriyet berig tot 600 Turkse soldate is tans in Noord-Irak. Met die opbou van spanning het die Duitse minister van buitelandse sake, Frank-Walter Steinmeier, Sondag reeds na Bagdad vertrek om Irak te wys Duitsland sal Irak bystaan in hierdie moeilike tye en hoe belangrik dit is om oplossings te vind.

Steinmeier het tydens sy reis gesê al-Abadi verdien respek en ware ondersteuning om sy hervormingsprogram in Irak deur te voer waar etniese, godsdienstige en verskillende groepe mekaar weer kan vind sodat mense weer in vrede kan lewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tiaan ·

Turkye oortree die grens sonder toestemming maar toe Rusland die grens oortree word hul vegvliegtuig afgeskiet

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.