Jazz-sangeres Gloria Bosman oorlede

Gloria Bosman (Foto: Gloria Bosman/Facebook)

Een van die land se grootste jazz-sangeresse, Gloria Bosman, is Dinsdag in die ouderdom van 50 oorlede.

Bosman, gebore in Soweto, was ʼn sangsensasie en het twee Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (Sama’s) ontvang met meer as 11 nominasies. Sy het die verhoog met legendes soos Hugh Masekela, Sibongile Khumalo en Sipho “Hotstix” Mabuse gedeel.

Sy is ná ʼn kort siekbed oorlede.

Bosman het in Desember 2022 aangesluit as raadslid van die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (Samro).

“In die kort rukkie wat sy ʼn lid van die raad was, het sy, as ʼn komponis en uitvoerende kunstenaar, ʼn perspektief gebring wat bestaan het uit ʼn ryke mengsel van insigte oor lede se behoeftes en die rigting waarin die organisasie moet beweeg,” het Nicholas Maweni, voorsitter van die Samro-raad, gesê.

Gloria Bosman (Foto: Gloria Bosman/Facebook)

“Sy was ʼn energieke en passievolle raadslid wat ten volle die organisasie se strategiese rigting ondersteun het, insluitend om inkomstestrome vir Samro te diversifiseer terwyl lede se belange beskerm word deur betrokke wetgewing. Die hele raad is geskok en hartseer oor haar ontydige afsterwe.”

Bosman was uitgesproke oor haar Christengeloof en gospelalbums uitgereik. “God is my alles. Ek glo in gebed. Sy teenwoordigheid in my lewe laat my nederig voel. Hy is die gewer van talente en breinkrag,” het sy in 2009, met die uitreiking van een van haar albums, in ʼn onderhoud met Sarie gesê.

Huldeblyke stroom intussen in vir Bosman.

“Ek kan dit nie glo nie,” skryf sangeres Amanda Strydom. “Rus in vrede my pragtige, wonderlike Gloria. Te gou, te gou. Mag jy in vrede rus, ons gaan jou verskriklik baie mis. Ek dink aan jou familie, jou kinders, jou kleinkinders, jou vriende, jou geliefdes en ons hele musiekfamilie. Jy was die stem, die lig. Jy sal nie vergeet word nie.”

Absolutely heartbroken. Rest in peace my beautiful, talented friend. I am going to miss you more than words can ever express. You were one of a kind Gloria Bosman. There will never be another you.

Posted by Timothy Moloi on Tuesday, March 14, 2023

The National Arts Festival is devastated by the news that Gloria Bosman has passed away. A warm, funny, generous and…

Posted by National Arts Festival Makhanda on Tuesday, March 14, 2023

To Bosman Family & Friends;The Birchwood Hotel and OR Tambo Conference Centre Board, Management and Staff would like…

Posted by Birchwood Hotel & OR Tambo Conference Centre on Tuesday, March 14, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.