Kabinet aanvaar omstrede konsepkode vir regslui

Die hooggeregshof in Bloemfontein. (Foto: Anja van der Merwe, Maroela Media)

Die kabinet het die publikasie van die omstrede konsep SEB-kode vir die regsbedryf in die Staatskoerant vir openbare kommentaar goedgekeur.

Die kabinet het Maandag in ʼn verklaring gesê dat dié kode ten doel het om die transformasie van die regsektor te fasiliteer sodat dié sektor die land se demografie verteenwoordig.

Die kode sal glo ook ontwikkeling van die regsliggaam verseker wat goed opgeleide en bekwame verskaffers van regsdienste sal oplewer.

Die ontwikkeling van die konsep SEB-regskode is luidens die verklaring onder die toesig van die Regspraktykraad opgestel.

Dié raad is ʼn statutêre liggaam wat ingevolge artikel 4 van die Wet op Regspraktyk gestig is en word deur die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging gelei. Dié wet maak voorsiening vir die minister van handel, nywerheid en mededinging om kodes van goeie praktyk oor SEB in spesifieke sektore uit te reik – iets wat die regsbedryf nie in dié stadium het nie.

Sakeliga het Maandag aan Maroela Media gesê dat regslui ook nie só ʼn kode nodig het nie en dat dié organisasie die konsepkode sal teenstaan.

“Die idee dat die minister van handel, nywerheid en mededinging nou vir elke sektor in hierdie land ʼn sektorkode kan gaan voorskryf, is ʼn baie skadelike en onaanvaarbare uitgangspunt,” het Piet le Roux, Sakeliga se uitvoerende hoof, gesê.

Dié organisasie het vroeër reeds gesê die kode is ʼn bedreiging vir die onafhanklikheid en werking van die regsprofessie, en dat dit nie net die private belange van praktisyns, firmas en kliënte skaad nie, maar ook die openbare belang, gegewe die regsprofessie se funderende rol in ʼn konstitusionele orde.

Le Roux sê die doelstelling dat die regslui die demografie van die land moet verteenwoordig, is nie ʼn aanvaarbare doelwit nie.

“Die maatstaaf vir regspleging is die mate waartoe die regslui aan die behoeftes van hul kliënte voorsien. Die regsverhouding is ʼn vertrouensverhouding, en jy kan nie in ’n vertrouensverhouding instruksies van die staat hê oor wie kliënte moet en mag kies om hulle te verteenwoordig nie.”

Le Roux sê enige poging van die regering om in te meng deur ʼn SEB-kode in te stel, vertrap kliënte se vryheid van keuse om regsverteenwoordigers van hul keuse aan te wys.

“Dis ʼn onaanvaarbare ingryping en ons sal dit teenstaan.”

Dis nog nie duidelik wanneer die nuwe konsepkode sal verskyn nie, maar dit sal vir 60 dae in die Staatskoerant gepubliseer word sodat die publiek kommentaar daarop kan indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kokerboom ·

Rook hulle Salkeliga! Die misbruik van wetgewing om onvermoeë te institusionaliseer , af te dwing en in stand te hou is immoreel, ongrondwetlik en uiters rassisties.

Nie Verbaas ·

As ek die behoefte het om toegesluit te word sal ek een van hulle aanstel om my te verteenwoordig. Kyk hoe gaan alles ten gronde waaraan hulle vat.

Marshall ·

The one sector of the population has a very low cognitive ability, the other does not. In a meritocracy this leads to “overrepresentation” of the latter group. Equality of opportunities leads to free competition but unequal outcomes. Equality of outcomes can only be achieved through repression as seen in Communism.
Until intelligent people recognise the science, which is very clear on the very significant cognitive difference between the two groups, this absurd egalitarian nonsense will prevail.
If you maintain that the above is incorrect, show me the data which supports your hypothesis.

Realis Thailand ·

Nobody will ever be able to. You are 100% correct

Ettienne ·

Toenemende sentralisasie – die ANC het ‘n eenparty staat in die oog.

annie ·

Die minister van handel en nywerheid stel meer belang in mededingingspolisieëring vir ANC-kaders. Handel en nywerheid bly agterweë en dit is juis waar ons ekonomie moet groei en werkskepping plaasvind. Is ons dan eintlik ‘n kommunistiese land waar die party skelm en onsigbaar tydens verkiesings botoon voer? Om darem demokrasie en menseregte so flagrant te misbruik. Die ANC en sluheid is sinoniem.

Yvonne ·

Dit is siek verby…. die ANC regering is nou waarlik rasmal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.