Kar 20 jaar gelede gesteel, nou gevind

Dié motor is 20 jaar gelede gesteel (Foto: Verskaf)

Die polisie het Donderdag ’n motor wat 20 jaar gelede gesteel is, in Mpumalanga teruggekry.

Volgens A.O. Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, het die polisie die N3 naby Balmoral, Mpumalanga, gepatrolleer toe hulle ’n verdagte grys Mercedes‑Benz-sedan opgemerk het. Hulle het die motor gestop.

“Hulle het die besonderhede van die voertuig gesirkuleer en gevind dat dit in 2002 in Pinetown as gesteel aangemeld is,” bevestig Mophiring.

’n 31-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig. Die voertuig is gekonfiskeer.

Die verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Harrismith verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lillian ·

Dis hoe arrogant kriminele is in hierdie land, ry met ‘n voertuig rond onder almal se neuse ..

JohanEtz ·

Die verdagte (31) was 20 jaar gelede elf jaar oud. Teach them young! LOL

Cecil ·

Die spesifieke Mercedes in die foto was in produksie tussen 2007 en 2014…….

maruis ·

Net ‘n bewys hoe swak ons polisie is – vat 20jaar – seker ook maar net per geluk.

Perdeby ·

Soms word voertuie NOOIT gerug gekry nie, Dis ook net mense wat die ondersoeke doen. Indien ‘n voertuig nie ‘n opsprorings eenheid in het nie gaan jy die nie sommer kry nie.

LD ·

Lyk ook nie vir my na ‘n 2002 model nie…. Dit was ook per toeval dat hulle die kar gekry het, het seker “20 jaar” gelede nie behoorlik gesoek vir hom nie….

Jaco ·

Die N3 loop nie deur Mpumalanga nie. Balmoral is ook baie ver van Harrismith af.

Swerwer ·

Wys maar net hoe die wakker rakkers van die SAP en Verkeer opereer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.