Kovsie dood in kamer aangetref

Shakira van Staden (Foto: Facebook)

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat die liggaam van ʼn eerstejaarstudent aan die Universiteit van die Vrystaat die naweek in haar kamer in Bloemfontein aangetref is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ʼn voorlopige ondersoek toon dat die 18-jarige se kamermaat Sondag omstreeks 12:30 op haar liggaam in hul kamer in Arndtstraat afgekom het waar dié twee privaat woon.

Volgens Mahkele het die kamermaat die vorige aand by ʼn vriend gaan kuier en die volgende middag haar kamermaat se liggaam in ʼn sittende posisie in die hoek van hul kamer aangetref.

“Die oorledene het kneusplekke aan haar nek gehad en daar was ʼn swart doek wat aan die boonste handvatsel van ʼn klerekas gehang het,” sê Makhele.

Die universiteit het intussen die student as Shakira van Staden geïdentifiseer. Sy en haar kamermaat was albei van De Aar in die Noord-Kaap.

Van Staden het BAdmin studeer.

“Die uitvoerende bestuur van die universiteit betuig sy opregte meegevoel namens die hele universiteitsgemeenskap aan die familie en vriende van Shakira en wens hulle sterkte toe in hierdie moeilike tyd,” het die universiteit se bestuur op Facebook geskryf.

Luidens dié inskrywing sal die departement studentevoorligting en -ontwikkeling aan die universiteit die nodige berading en ondersteuning aan Shakira se familie en vriende bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

douwlina du plessis ·

Hoe verskriklik is moord en geweld op vroue. Vroue is soos grootwild. Hulle word geteiken in ons land, Dit lyk of natuurlike oorsake klaar uitgeskakel is. Die arme kamermaat word sommer bygesleep deur dommer. Die kind is klaar in skok, maar so gaan dit. Ek kry haar ouers en familie bitter jammer. Jy kom nie sommer oor ‘n kind se dood nie.

Blue Butterfly ·

Innige meegevoel met die familie. Dit is so tragies.

Alida ·

Tragies. Mense dink na die WB gaan dit beter gaaan. Glo my dit gaan nie tensy CR bekwame SAPD ministers aanstel wat murg in hul pype het om misdaad behoorlik aan te spreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.