Al ses mans wat dood aangetref is op ʼn plaas naby Kraaifontein in Kaapstad is uitgeken.
Kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie, het egter aangedui dat die name nog nie bekend gemaak mag word nie. Die polisie vermoed die ses mans, tussen 18 en 30 jaar oud, is gestenig.
Verbygangers het verlede Dinsdagoggend omstreeks 10:00 in Joostenberg Vlakte dié gru-ontdekking gemaak. Die mans se hande was agter hul rug vasgemaak en hulle het gesig na onder gelê.
Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.
Intussen het ‘n inwoner aan Eyewitness News gesê so iets het nog nooit in hul gemeenskap gebeur nie. Die volgende video is deur EWN vervaardig:
Dit gaan van die gemeenskap afhang of hierdie soort ding gestop gaan word of nie. Die polisie word glad nie meer gevrees nie. En dit sal binnekort moet gebeur
Dis baie sleg en hierdie wil so al lyk na ‘n tipe bende ding. Julle wil nie doen wat ons sê so… Dalk is ek verkeerd maar ja…
R250000 nog geen nuus.