Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

Kurt Darren

‘n Musiekvideo van een van Kurt se bekendste liedjies volg onderaan die berig.
Skakels na die jongste stories oor Kurt se hospitalisasie volg onderaan die berig.
Die bekende sanger Kurt Darren was vroeg Sondagoggend in Pretoria in ‘n ernstige motorongeluk.

“Kurt is deur nooddienste per helikopter na die Milpark-hospitaal in Johannesburg geneem,” het sy bestuurder, Louis van Wyk, gesê. “Hy het veelvoudige beserings en kneusplekke opgedoen en agt ribbes gebreek.”

Kurt is tans in die intensiewesorgeenheid. “Hy is in baie pyn, maar stabiel en gemaklik,” het Van Wyk bygevoeg. “Hy is nie meer in gevaar nie.”

Sy broer Darren van Heerden was eerste op die toneel. “Kurt was op pad huis toe nadat hy saam met vriende, Marnus Bisschoff en Nadia van Rensburg, rugby gekyk het,” het Van Heerden gesê. ‘n Voertuig het glo in hulle aankomende baan gery. “Dit was duidelik dat die voertuig nie gaan uitswaai nie, en hulle was verplig om links uit te swenk.”

Die voertuig het by ‘n afgrond op die Kameelfontein-pad aan die noorde van Pretoria, afgerol. Volgens Van Heerden het ‘n inwoner die ongeluk gehoor en nooddienste ontbied. “Kurt en Marnus is albei met helikopters na hospitale geneem. Marnus het ook baie kneusplekke en ‘n opgeswelde rug opgedoen. Dis nog nie duidelik of hy enige verdere beserings opgedoen het nie. Nadia word vir been- en heupbeserings in die Steve Biko-hospitaal behandel.”

“Kurt se vrou Dunay is tans oorsee en dra kennis van die situasie,” het Van Wyk bevestig.

“Ons bedank die nooddienste vir hulle uiterste vinnige reaksie om sodoende ‘n noodlottige besering te kon vermy. Kurt sal vir ses weke lank buite aksie wees tydens sy herstel.” Van Wyk het bevestig sy bestuurspan by Music Profile Management is tans besig om kliënte te kontak om van sy vertonings, onder andere Vryfees asook Skouspel Plus in die Kaap te kanselleer.

“Ons bedank ook al die boodskappe van sorg van Kurt Darren se vriende en bewonderaars. Dit word op prys gestel en ons wens almal hiermee vir Kurt, Marnus en Nadia spoedige herstel toe,” het Van Wyk bygevoeg.

Lees ook:
Kurt Darren sterk aan ná ongeluk
Kurt Darren se vrou sien hom vir die eerste keer sedert sy ongeluk
Kurt Darren: Lugsakke het nie ontplooi nie
Kurt steeds in intensiewe sorg
Dunay dankbaar vir ondersteuning
Kurt Darren ernstig beseer ná motorongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Amanda/Sindy ·

Agt gebreekte ribbes?? Ek het drie gehad en dit was woes, hoop jy gedra jou stil. Laat hulle daai ribbes vasdraai of kry een van daai “kidney belts” van rekbare stof!! Dink aan jou vaderland!! Goed gaan word gou gesond!!

Robbert ·

Ons hoop dat Kurt weer gou sal herstel en bid hom God se beskerming en seën.

Linda du Plessis ·

Ons by die Boertjiefeeskontrei wens Kurt,Marnus en Nadia spoedige en volkome herstel toe. Ons plaas julle in ons gebedsgroepe en weet en vertrou dat dat ons Hemelse Geneesheer jul gesond sal maak en dankie Vader vir U genade dat U hierdie 3 kosbare mense vir ons en hul geliefdes gespaar het! Xxxx

Pearl ·

Ek het nou net ‘n maand weer in SA gekuier. Dit was ‘n ervaaring om weer gewoond te raak aan SA bestuurders. Mense ignorer die padreels, het geen respek vir mekaar. Ons het vele keer gesien hoe karre moet uitswaai vir verkeer van voor wat verbysteek en glad nie omgee dat hulle jou van die pad af dwing. Sulke bestuurders moet sumier hul lisensie verloor en somer ook in hegtenis geneem word. Net jammer die polisie kan gelyk orals wees nie.
Hurt, hoop julle herstel gou, baie bly julle is nog met ons.

Dyllin ·

Well. thank you for going back to wherever you came from, never mind visiting my country again, we will and have not missed you, not at all!

Lauren ·

joh kurt hoop jy gaan gou weer reg kom en sjoe! 8 ribbes joh dit wys nou net hoe baie mense nie padreels volg nie en hoe baie padvarke ‘n mens kry en hulle dink dan niks kan gebeur nie maar kyk net nou

corrie neethling ·

Met my simpatee vir Kurt en gesin en hoop dat ale dokters moi na hom sal om sien dai persoon wat inkomende verkeer gery het ni besiel wat hom makeer ni. Sterte aan almal

Ina ·

Baie sterkte vir julle. Hoop jy word gou gesond Kurt, jy is een van my gunsteling sangers.

Gerda Weideman ·

Baie sterkte aan julle ek bid alle beterskap toe op julle. God sal julle Dra

Desire Pretorius ·

Hi ek is desire ! Sterkete met alles hoop Kurt Darren word gou gesond Ons bid almal saam jule en hoop vir die beste ! Ons gaan sy musiek verskriklik baie mis vir die tyd wat hy nie gaan kann sing nie Laat weet as daar ander verwikkelinge is Groot asb !

Helen ·

Heinrich het jy gelees WAT gebeur het, al het jy NIKS gekuier nie – en moet huis toe ry van die werk af – en ‘n voertuig kom van reg voor jou in jou baan – wat gaan JY doen? Asb wees bietjie meer subtiel. Ons almal WEET drink en bestuur werk nie – maar waar is hier van DRINK gepraat?

EMILY ·

SPOEDIGE BETERSKAP VIR JUL AL DRIE.KURT WEES ASB GEDULDIG RIBBES NEEM
LANK OM TE GENEES……MAAR WEET DAT DIE SHOWS NIE DIESELFDE GAN WEES SONDER JOU!

Granville ·

Sterkte ou maat. `n Spoedige herstel word jou toegewens. Ons dink aan jou.

COBIE LOUW ·

STERK STAAN KURT,DINK AAN JOU EN JOU VROU,ONS DRA JOU HOOG IN ONS GEBEDE.

NETTIE ·

Baie sterkte aan die hele Darren gesin. Kurt sal geheel en al genees, want hy is `n sterk persoon en net die wete dat hy GOD se kind is sal hom en Dunay deur hierdie tyd dra. Word gou gesond kaptein.

Hantie ·

sterkte Kurt en Dunay hoop jy word gou gesond ons gaan jou n rukkie mis,maar met die heer se hand oor jou sal als goed gaan. Jy het n goeie vrou wat by jou staan sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.