kykNET-Fiëstas: Hier is die benoemings

Illse Roos, Paul du Toit, Nomkhita Bavuma en Sesethu Zamxaka in ‘Melk & Vleis’ (Foto: Facebook)

Die benoemings vir die gesogte kykNET Fiësta-toekennings is die afgelope naweek bekend gemaak.

Dié toekennings is jaarliks ’n glansryke geleentheid om Suid-Afrikaanse akteurs, aktrises, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars te vereer. Die Fiëstas beoog jaarliks om talent te ontgin én te bevorder deur geleenthede vir blootstelling en erkenning te skep.

Talle produksies spog vanjaar met verskeie benoemings. Dié produksies sluit onder meer in BuiteLand met ses benoemings, Melk & Vleis met ses benoemings, Die reuk van appels met vier benoemings en Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie met vier benoemings.

Die Afrikaanse komediant Schalk Bezuidenhout gaan as seremoniemeester vir dié gewilde geleentheid optree. Sy mede-aanbieders is Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie.

Gideon Lombard (Foto: Facebook)

Die sangers Francois van Coke, Lynelle Kenned en Hakkiesdraad Hartman sal tydens die geleentheid optree.

Die kroningsaand vind op 8 Februarie 2017 plaas by Montecasino Teatro in Johannesburg. Die geleentheid word regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Diegene wat graag skouers met die bekendes wil skuur, kan vanaf 4 Desember kaartjies by Computicket koop.

Lees Maroela Media se resensies oor Die reuk van appels en Melk & Vleis.

Hier is die benoemings:
Beste akteur
Albert Pretorius – Wild
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap
Paul du Toit – Melk & Vleis
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie

Beste aktrise
Anna-Mart van der Merwe – Liewer
Antoinette Kellermann – Asem
Illse Roos – Melk & Vleis
Tinarie van Wyk Loots – Wild

Beste manlike byspeler
David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Edwin van der Walt – Asem
Kopano Maroga – BuiteLand
Wilhelm van der Walt – Liewer

Beste vroulike byspeler
Crystal-Donna Roberts – Altaar
Elize Cawood – BuiteLand
Nicole Holm – Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Tarryn Wyngaard – Liewer

Beste regie
Jaco Bouwer – Liewer
Lara Bye – Die reuk van appels
Marthinus Basson – Melk & Vleis
Neil Coppen – BuiteLand

Beste teaterontwerp
Jaco Bouwer – Liewer: Stel
Marthinus Basson – Die koninkryk van die diere: Stel en kostuums
Neil Coppen en Vaughn Sadie – BuiteLand: Stel
Philip Rademeyer – Weerkaats: Stel en beligting

Beste spel in ʼn solo-vertoning
Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
De Klerk Oelofse – Strooijonker
Gideon Lombard – Die reuk van appels
Milan Murray – Weerkaats

Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks
Marina Albertyn – Melk & Vleis
Tertius Kapp – Liewer
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap

Beste opkomende kunstenaar
Des-Lee McKenzie – I(ras)ioneel
Dewald van der Merwe – Rou (in DEURnis)
Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

Beste prestasie in klassieke musiek
Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis Opera: Gunstelingmusiek uit die Opera
Bongani Khubeka (bas-bariton) – Stemme vir Môre
Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers
US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) – Moments In a Life

Beste prestasie in visuele kuns
Athi-Patra Ruga (kunstenaar) – A Young Retrospective
Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap
Marieke Kruger (kunstenaar) – Carceral Spaces: Anticpating the Sublime
Sandra Hanekom (kurator) – Bosch in Afrika

Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug
Innibos Jacaranda FM Konsert
Rymklets van Oos tot Wes
Ballades
Judith Sephuma

Beste musiekgedrewe produksie: Podium
Stef Bos – Bos Innibos
Amanda Strydom – So onner deur die maan
Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar
Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig, my snaar

Beste musiekgedrewe produksie:  Teater
Zolani Mahola – Rok en Rol
Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Die Riel van Hip-hop
Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman

Beste musiekaanbieding
Melk & Vleis
BuiteLand
Die reuk van appels
Liewer

Beste duo of ensemble
Mike & Mavis
Liewer
Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie
Nêrens, Noord-Kaap

Beste vertaling of verwerking van vertaalde stuk
Die reuk van appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Die koninkryk van die diere, vertaling deur Marthinus Basson
Die fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers
BuiteLand, oorspronklike teks deur Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.