LLB-akkreditasievereistes bevraagteken

studente

Foto: Argief

AfriForum Jeug het sy kommer uitgespreek oor die oënskynlik politieke agenda agter die aanpassings wat aan die LLB-graad van die Noordwes-Universiteit (NWU) deur die Hoëronderwys-kwaliteitskomitee (HOKK) vereis word.

Die raad op hoër onderwys het onlangs verskeie gebreke met dié kwalifikasie by die NWU en drie ander instellings uitgewys wat moontlik daartoe kan lei dat akkreditasie teruggetrek word.

Prof. Dan Kgwadi, visekanselier van die NWU, het op 20 April 2017 ’n massavergadering gehou waartydens studente oor die toedrag van sake ingelig is.

“Ons is bekommerd dat die universiteit nie oop kaarte met studente speel nie. Dit is nie vir studente duidelik waarom die graad nou skielik in gedrang is nie. Te veel van die sogenaamde tekortkominge wat uitgewys is, soos ’n gebrek aan integrasie, transformasie, assessering en gemeenskapsfokus, was nooit voorheen ’n probleem nie,” sê Ohann Fourie, AfriForum Jeug se koördineerder vir die Puk-kampus.

Volgens Fourie wil dit voorkom asof die veranderinge waarop nou aangedring word om akkreditasie te behou, direk met die aanvaarding van ’n nuwe statuut vir die NWU verband hou, wat dit voortaan ’n unitêre instelling sal maak sonder erkenning van die verskillende kampusse en wat op die kampusse bereik word.

“Ons as studente verwag van die NWU-bestuur om oop kaarte met studente te speel en behoorlike verduidelikings te gee oor die pad vorentoe rakende die LLB-graad. Prof. Kgwadi kan nie nou net beloftes maak en waarborge gee dat die kursus se akkreditasie nie teruggetrek gaan word nie. Ons het gewoond geraak aan ’n regering wat net leë beloftes maak. Studente het die reg om ingelig te word.”

Fourie sê studente sal nou moet opstaan en betrokke raak by die proses indien hulle erkende grade wil verwerf. “Hulle kan hier ’n petisie onderteken om daarop aan te dring dat die universiteit alles moontlik doen om te verseker dat die LLB-graad geakkrediteer bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Net nog n manier om als en almal op n so.laag as moontlike standaard te kry om “almal” toegang te gee tot n kwalifikasie. Skool standaarde reeds lagwekkend laag…so nou is.dit Universiteite en Grade se beurt!

Bella van Zyl ·

En ek hettttt laasweek gesê ek ruik ‘n ROT???…daardie woord…..TRANSFORMASIE?….die hedendaagse gonswoord….tsk…tsk…

Basson ·

Wat sal die redes by die ander drie universiteite wees, waar die LLB akkreditasie ook in gedrang is?

Willem ·

Hulle moet landwyd die LLB graad hersien. Dis nie op dieselfde standaard van die ou BProc graad nie.

Asmain ·

Die kwaliteit van regsgrade het in die hek geduik toe Latyn afgeskaf is! Latyn was n “natuurlike ” manier om die koring van die kaf te skei! Die huidige LLB graad het geen substansie, dit kan gesien word in die verskil in die kwaliteit van pre & post LLB regsgeleerdes.

jaco ·

Al is LLB se standaard ook hoog, wonder ek of hierdie wit studente gaan werk kry daarmee. Die regte velkleur is mos die eintlike ding wat mens moet he om werk in SA te kry. Kwalifikasies is minder belangrik. Ek praat uit harde ondervinding. Ek het later al my naskoolse Kwalifikasies vanaf my CV verwyder. Dis al hoe ek by regstellende aksie verby kon kom om weer ordentelike werk te kry.

John ·

Hierdie speletjie gaan net wilder raak. As mens deesdae ‘n klippie in die lug op gooi val hy feitlik vir seker op ‘n sg agtergeblewe regsgeleerde se kop… so wees baie versigtig… met jou klippies… en jou studiekeuse anders moet jy dalk net met jou regsgraad en al…
gaan help klippies kap…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.