Maalvleis in VSA herroep

Maalvleis (Foto: Argieffoto, Pixabay)

Die Amerikaanse kos-en‑medisyne-owerheid (FDA)  het Maandag gesê dat meer as 60 ton se maalvleisprodukte wat moontlik met E. coli besmet kan wees, herroep word.

NBC News berig volgens die FDA is nog geen bevestigde berigte van siekte of nadelige reaksies as gevolg van die gebruik van die vleisprodukte ontvang nie. Daar heers egter kommer dat sommige produkte dalk nog in verbruikers se yskaste en vrieskaste is.

Onder die produkte wat geraak word, is SE Grocers’ Naturally Better Grass Fed Beef and Ground Beef Patties, Thomas Farms’ Grass Fed Ground Beef Patties and Ground Beef, Nature’s Reserve All Natural Grass Fed Ground Beef, Tajima Kobe Ground Beef, Marketside Butcher Wagyu Beef Patties en Weis By Nature Ground Beef Burgers.

Daily Mail berig volgens die FDA word verbruikers aangeraai om enige maalvleisprodukte van bogenoemde handelsname wat hulle onlangs gekoop het, weg te gooi of terug te neem na die winkel waar hulle dit gekoop het.

E. coli – wat diarree en braking met bloed in kan veroorsaak – is tydens roetinetoetse deur die owerheid in die beesvleis opgespoor. Volgens die FDA sal mense wat E. coli-besmette produkte eet, waarskynlik sowat drie tot vier dae later siek word.

Lakeside Refrigerated Services in New Jersey het die vleis verwerk voordat dit tussen Februarie en April versprei is. Dit is die tweede keer dat die maatskappy die afgelope paar jaar met ’n herroeping van produkte getref is nadat 18 ton se maalvleisprodukte wat hy hanteer het, ook in Junie 2020 herroep is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chris ·

Dit is maar ter bevordering van die agenda waar jou proteiene in ‘n fabriek gekweek moet word van insekte. Bill Gates het bele in hierdie tegnologie, en sal mense meer onmoedig word om vleis te eet wat noodsaaklike amino-sure bevat wat gesonde breinfunksie bevorder. Dit sal ook in die toekoms die geleentheid skep vir meer beheer. Lees maar die Rockefeller “Scenarios for the Future of Technologies and International Development” Uittreksel – “The demand for meat, in particular, was rising, but adding more animals to the planet created its own set of problems, such as more methane and spiking water demand. And that’s where Alec saw both need and opportunity: why not make the planet’s meat supply go further by creating a healthier alternative that contained less real meat?”

annie ·

Ons eet sommer finisenklaar mopaniewurms hier dan hoef ons nie verder te bekommer oor duur bemarking en verpakking nie. Om die hoek, af tussendeur die slaggate tot by die peperboom en die winkeltjie met die rooi sinkplaatdak. Ditsim!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.