Makhado-munisipaliteit oor die vingers getik oor water

AfriForum het Dinsdag die Makhado-munisipaliteit in die Makhado-gebied (Louis Trichardt) aangemaan om teen 3 Augustus sy verpligtinge om water te verskaf na te kom om hofaksie te vermy.

Hierdie stap volg nadat dit bekend geword het dat Louis Trichardt, soos verskeie ander dorpe in Limpopo en elders, reeds maande sonder behoorlike watertoevoer moet klaarkom.

Volgens Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum, vereis die nasionale standaarde vir watervoorsiening en bewaring dat munisipaliteite ʼn minimum van 25 liter water per persoon per dag of ses kiloliter per huishouding per maand aan alle gemeenskappe moet voorsien. Hierdie basiese vereiste word reeds maande lank nié in die Makhado-gebied nagekom nie. AfriForum wil die gemeenskap nou bystaan deur ʼn hofaansoek te bring om die stadsraad te verplig om sy pligte na te kom.

Die stadsraad het tot 3 Augustus kans om aan te dui watter stappe geneem gaan word om hierdie plig na te kom. Indien die stadsraad nie voor dan reageer nie, sal AfriForum voortgaan met ʼn hofaansoek in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.