ANC-ondersteuners in Mamelodi, oos van Pretoria, het Vrydag paaie met vullis en brandende bande afgesper in protes teen die party se keuse van raadslede.
Sindile Mothau, ʼn gemeenskapsleier van Wyk 23, het aan verslaggewers gesê die nasionale leierskap van die ANC ignoreer hul betogings. “Ons het dieselfde gedoen in 2011, toe ons nie tevrede was met die manier waarop ons raadslid gekies is nie. Dit het later aan die lig gekom ons vermoedens oor die verkiesing van die raadslid was reg,” het hy gesê.
“Ons raadslid het op ʼn bedrieglike manier [die posisie] gekry. Nou ,vyf jaar later, sien ons ʼn herhaling daarvan.” Mothau het gesê die inwoners in die wyk het Hendrick Diamond Mashaba deurentyd as raadslidkandidaat ondersteun en hy was veronderstel om die kandidaat te wees. Toe die raadslidlyste bekendgemaak is, was Jack Mokhari se naam egter op die lys vir die wyk.
Volgens Mothau het die gemeenskap die kwessie verskeie kere met nasionale beamptes van die ANC by Luthuli Huis geopper, maar tevergeefs. Vrydag het verskeie senior beamptes van die party, insluitend Jackson Mthembu, hoofsweep en Nomvula Mokonyane, hoof van verkiesingsveldtogte, ʼn ander gedeelte van Mamelodi besoek, toe die betoging begin het.
“Die gemeenskap probeer hul aandag trek sodat hulle kan kom en ons probleme kom oplos. Hulle moet met die inwoners van Wyk 23 kom vergader,” het Mothau gesê.
ʼn Vullisverwyderingsvragmotor het Vrydag al sy inhoud by die besige kruising van Tsmaya en Sibandestrate uitgestort. Rook het oor die gebied gehang van brandende motorbande en talle winkeleienaars het hul ondernemings gesluit.
Mokonyane het vroeër aan African News Agency gesê die ANC sal Tshwane nooit verloor nie. “Baie van die inwoners van Tshwane kan bevestig dat ons goeie werk hier gedoen het. Mense is bekommerd oor kwessies soos werksgeleenthede en dienslewering. Die probleme bestaan wel, maar die betroubaarheid en lewering van dienste word al hoe meer bespoedig,” het Mokonyane gesê.
ʼn Probleem met die treinstelsel het Mokonyane en haar afvaardiging gedwing om hul veldtog te onderbreek om aan passasiers by die Pienaarspoort-treinstasie se ontevredenheid aandag te gee. Mokonyane het gesê sy is “verneder” om onder sulke omstandighede ʼn veldtog te doen en het Tony Games, ʼn senior bestuurder van Prasa, wat by die stasie was, bllameer.
“As julle probleme het met jul treine, waarom tref julle nie alternatiewe reëlings vir hierdie mense nie? Busse moet hierdie mense op jul onkoste vervoer. Nou blameer die inwoners burgemeester Ramokgopa vir die probleme met die treine,” het sy gesê.
Sy het ʼn beroep op staatsamptenare en Dipuo Peters, die minister van vervoer, gedoen om dringend die probleme met die treinstelsel op te los.
Barnd nog n paar ietms en gooi mekaar met klippe – o ja en stem asb weer —- ANC!!!!
me makonyane, moenie vullisblik story, brand en vandaliseer nie. julle hetvir die anc gestem. daarom is julle verantwoordelik vir wat die anc doen. so brace yourself and bear it. its your doing.
me makonyane, moenie vullis stort, brand en vandaliseer nie. julle het vir die anc gestem. daarom is julle verantwoordelik vir wat die anc doen. so brace yourself and bear it. its your doing.
Jan ou lekke ou Jan jy gaan weer die skuld kry maar stem gaan hul weer vir anc stem shame weti of mens hul jammer moet kry nie want jy kry nie pille vir daai nie
Aai, hulle is darm maar baie vinnig om hul toys uit kot uit te gooi. Wonder maar net watse opvoeding hul gehad het? Ouers moedig hulle seker aan,so jammer,hul is nie n voorbeeld vir die nageslag.
Dit gebeur wanneer mense nie besef hulle kan baie meer regkry deur hulle kruisie by die stembus op ‘n ANDER plek as die ANC te trek nie. Te gewoond aan dinge doen soos die ANC hulle geleer het.
Wys hulle hoe ongelukkig julle is en stem VF dit sal hulle leer LOL
Dis seker soos musiek in ou Jakoppie se ore….”We’ll vote for them again…and then we’ll continue with our struggle”…..Sjoe, amper gedog hy’s op sy einde….maar toe nie. Net gou nog ‘n paar belasting-Randjies gryp voor hy “retire”…Vyf vrouens is nie goedkoop nie.
DA mense, hier is nou vir julle n geleentheid om swart werwers en partyleiers in te stuur en die plaaslikes te wys daarop dat hulle demokratiese reg om self plaaslike leiers te kies ontneem word, terwyl die DA plaaslike keuses sien as n belangrike bousteen van demokrasie.
DA,ANC wat is die verskil??
Koos, die verskil is ‘n “D” en ‘n “NC”???
Kyk mooi as julle weer die ANC verkiesings plakkate op die lampale sien, dit staan daar…”The People Govern”. Die massas doen wat hulle wil en die politici word ryk deur “niksdoen”
Mens wonder of daar iets is waaroor hulle nie “woedend” is nie?
Dalk moet hulle net ‘n slag vir hulself woedend word oor hulle tyd wat so vermors word en oor die feit dat hulle nie verantwoordelikheidsin het of belangstel om dit verantwoordelik te gebruik nie!
So sal hulle moor en baklei om ook n sitplek op hierdie lekker soustrein te kry.
Hierdie land word lankal nie meer deur die regering regeer nie maar deur die massas, n geval van die stert swaai nou die hond. Ek wonder net vir hoe lank dit nog so kan aangaan, miskien tot alles afgebrand is en daar niks meer oor is om oor te baklei nie.
Aangesien dit gaan oor ontevredenheid oor ANC poste-vir-boetie lyste, stel ek voor dat die ontevredenes hul toespits op die brand en afbreek van die ANC se eiendom en nie ander onskuldiges se goedjies nie. Dis nou nie asof ons hulle kan help nie, nê?