Moordverhoor begin ná verdagte weer opgespoor word

Attie Jooste (Foto: Verskaf)

Die verhoor in die moordsaak op Attie Jooste (60) van Jan Kempdorp, Noord-Kaap, begin Maandag in die hooggeregshof op Kimberley ná vele ontwrigtings.

Die verhoor van Lucky Bohelo, Kerneels Persent en Nicardo Hutama was veronderstel om in Oktober verlede jaar al te begin.

Die verrigtinge kon egter nie voortgaan nie omdat Hutama, wat op waarskuwing vrygelaat is, nie vir die hofsaak opgedaag het nie.

ʼn Lasbrief is gevolglik vir sy inhegtenisneming uitgereik en hy is intussen aangekeer. Volgens ʼn betroubare bron het Hutama na Limpopo gevlug.

Persent is óók vroeër vasgetrek toe hy nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie.

Jooste is op 7 Januarie 2018 op ʼn kleinhoewe by Jan Kempdorp in die Noord-Kaap vermoor. Sy liggaam is die oggend ná die moord in sy huis op die kleinhoewe aangetref. Hy is glo met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek.

Jooste se bakkie is ook verlate langs die pad naby Jan Kempdorp gevind.

Nicardo Humata (links met die gholfhemp), Lucky Bohelo (middel) en Persent Kerneels word aangekla van die moord op Attie Jooste (Foto: Verskaf)

Dié moord het in die Vaalharts-omgewing plaasgevind. Dit is in dieselfde omgewing waar Dan (83), Breggie (73) en Elzabie Brand (54), asook Ernst Human (87) vroeër vermoor is.

Die Vaalharts-distrikslandbou-unie monitor al drie moordsake.

“Die Vaalharts-distrikslandbou-unie het hom nog altyd sterk uitgespreek teen plaasmoorde en versoek dat swaar strawwe opgelê word vir hierdie misdade,” sê Christelle Stoman, bestuurder van die unie.

“Die regering moet plaasmoorde met meer erns hanteer en besef dat elke landbouer wat vermoor of aangeval word, beteken dat nie net die onmiddellike gesin daardeur geraak word nie, maar dat vele afhanklikes hul werk op die plase kan verloor deurdat boerderye gestaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

domheks ·

Howe is ‘n skande in SA. Hoe kan moordverdagtes op borgtog vrygelaat word? Net om verder te plunder?

Anel ·

Nie eens borg nie, EIE VRANTWOORDELIKHEID!!!!As dit andersom was……..

George ·

Sal my nie verbaas as dies wat probeer vlug het nie by ander moorde ook betrokke was nie.

Minnie ·

Dink ek ook. In daardie geval het justisie die vermoordes gevaal, nes ons regering ons almal vaal mbt tot alles….

Amelia ·

Koos st34m 100% saam hoekom het president boddygaurd laat hom ook in die land sonder beskerming beweeg of is hy te bang vir sy eie mense

Gert ·

Dit is reeds om hierdie rede dat sommige nedersettings die gereg in hulle eie hande begin neem.

Kosie ·

Hoe laat jy n moordverdagte vry met n waarskuwing, en iemand wat iemand anders net die verkeerde woord toesnou mag nie borg kry nie, wat gaan aan met die land se howe?

Minnie ·

Wat aangaan is afwesigheid van produktiwiteit en nakoming van wette.
Hul is almal lui, dit is dieselfde rede oor agterstaande forensiese toetse ook.

Papsak ·

Daar n mooi voorbeeld in die ou regering sou hulle nie weg gekom het met moord hulle sou hulle straf uit dien hierdie anc regering gee waarskuwing en laat hulle gaan dan doen hulle dit net beter

Harley Davidson ·

Net weer ‘n bewys van die regering se diskriminasie teen minderhede. Die DA poog ‘n power geveg teen diskriminasie maar die Vf+ doen niks.

Minnie ·

Hoeveel mense moet nog vermoor word voor die polisie en justisie besef verdagtes moet in aanhouding bly?
Intussen bly hul moor en plunder…..

AH ·

Dit kom alhoemeer vir my voor of die monsters vrygelaat word om wéér te moor……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.