Motorfiets en ryer verdwyn toe pad meegee

'n Foto van die sinkgat wat op sosiale media versprei word. Foto: Facebook/Intelligence Bureau SA

‘n Foto van die voorval wat op sosiale media versprei word. Foto: Facebook/Intelligence Bureau SA

ʼn Gebarste pyp het moontlik veroorsaak dat ʼn teerpad in Kempton Park aan die Oosrand onder ʼn motorfietsryer meegegee en hy motorfiets en al in ʼn gat vol water beland het.

Foto’s van die reuse gat, op die hoek van Commissioner- en Monumentstraat, word sedertdien wyd op sosiale media versprei. Op die foto’s kan gesien word hoe die motorfiets heeltemal in die gat, wat gevul is met water, verdwyn het. ʼn Groep mans het die motorfiets en die man uit die gat gehelp.

Themba Gadebe, woordvoerder van die Ekurhuleni-munisipaliteit, het aan Maroela Media bevestig dat hulle bewus is van die voorval en reeds met herstelwerk begin het. “Soos ons verstaan het ʼn gebarste pyp veroorsaak dat die padoppervlak verswak het en toe gedeeltelik meegegee het toe die motorfietsryer daaroor gery het,” het hy gesê.

“Munisipale werkers is steeds op die toneel om die pad reg te maak. Ons eerste prioriteit was natuurlik om die gebarste pyp te herstel en dit is reeds gedoen. Die pad is ook amper klaar en behoort binnekort ten volle herstel te wees.”

Gadebe het gesê hy is nie bewus van enigiemand wat beserings opgedoen het weens die gat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ernest O'Neill ·

Toe maak hy gou-gou van daai motorfieta ‘n jetski.

Ernest O'Neill ·

Toe maak hy gou-gou van daai motorfiets ‘n jetski.

rietrot ·

Bo en behalwe dat water, wonder ek wie nou vir die man se skade gaan betaal. Ons paaie is so besaai met sink-gate en ander gevare soos holtes onder die teer dat mens ne meer weet waar om te ry nie. Op dit betaal ons lisensie gelde, tol gelde, petrol belasting en munisipale dienste. Almal deel in die verantwoordelikheid om ons paaie veilig te hou. Nou dis onsaglike bedra geld maar die publiek sien nie die dienste of verbeteringe nie.

Somerson ·

Utopia. Net jammer ek verdien Rande en nie Dollars nie…

M ·

Die munisipaliteite onderhou niks meer nie, dis hoekom hierdie tipe goed al hoe meer gebeur. Hulle is te besig om die gelde wat ons betaal te steel en te mors.

Kobus ·

Dis jammer jy veralgemeen. Ek woon in Franskraal in Gansbaai. Ons val onder die Overstrand Munisipaliteit. Uit die aard van die saak is dit ‘n DA Beheerde Munisipaliteit. Kom kyk in watter goeie toestand is die oorgrote meerderheid strate en paaie onder die munisipaliteit se jurisdiksie. Dit gaan oor die vermoê en wil van die amptenare om goeie diens te lewer en ‘n burgemeester wat talle toekennings ontvang vir oa. uitnemendheid.
Die probleem lê by die ANC beheerde stadsrade waar die kaders aangestel is wat nie ‘n duit omgee vir die inwoners nie. Vir hulle is dit ‘n lekker vet salaris, maak nie saak wat hy of sy veronderstel is om te doen nie.
Solank die kiesers gaan bly stem vir die ANC, sal die tendens voortgaan. Stem teen die ANC in die volgende verkiesing en so sal julle sorg dat die onbevoegde rade uitgestem word en bevoegde mense aangestel word.
Kom Wes Kaap toe, dinge werk hier. Help om die ANC uit die Wes Kaap te hou, want as hulle aan bewind kom, verval alles net weer .
Sterkte.

Griki ·

Genade, daardie is nie ‘n gat nie, dis ‘n GAT, oftewel ‘n jong swembad. Hoe lank was die pyp stukkend? Baie bly dit blyk of niemand beseer is nie, maar dit kon veel erger gewees het.

Sputnik ·

Dit is ‘n brandpoel, man! Dit is daar om grasdakke te blus!

Sputnik ·

Dit is ‘n brandpoel, man! Dit is daar net om grasdakke te blus!

SARIE VAN HEERDEN ·

Munisipaliteite onderhou niks en as jy probleme het ignoreer hul dit soos ek wat vir meer as ‘n week met ‘n stukkende voorafbetaalde boksie moes klaarkom totdat my krag af is en toe hul die nuwe installeer het hul die baie eenhede wat nog op die oue was gevat. Viva munisipaliteite.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.