Motorfietsongeluk by Kogelbaai

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Pa en sy seun is in ʼn kritieke toestand nadat hul motorfiets Saterdagaand ʼn motor op die R44 in Kogelbaai in die Wes-Kaap getref het.

“Die pasiënte het in die middel van die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die motorfiets het in stukke gelê.”

Al twee die mans het ernstige beserings opgedoen. “Hulle is na die Mediclinic Vergelegen geneem vir verdere behandeling,” het hy bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in. Meiring het nie die toestand van die motoris bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.