N1-busongeluk: Dodetal styg

Foto: ER24

Foto: ER24

Die dodetal het gestyg ná Sondagoggend se busongeluk op die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg in die Wes-Kaap.

Donald Grant, Wes-Kaapse minister van vervoer en openbare werke, het gesê 13 mense is in die ongeluk dood en 43 beseer. Volgens Grant het 31 mense ernstige beserings opgedoen. “Die ongelukstoneel was chaoties en talle mense is uit die bus geslinger toe dit omgeslaan het.”

Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die voorval. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 02:00 na die toneel, sowat 10 km buite Touwsrivier, ontbied.

Foto: @Merentia/Twitter

Foto: @Merentia/Twitter

“Die bus het op sy kant, gedeeltelik in ʼn veld langs die pad, gelê en die sleepwa in die middel van die pad.”

Volgens Grant staan die provinsiale verkeersowerheid die polisie by met die ondersoek. Hy het sy meegevoel met die oorledenes se families betuig en ook sy dank en waardering uitgespreek tenoor die nooddienspersoneel wat op die toneel gewerk het.

Die bus van DMK Transport het van Johannesburg na Kaapstad gereis. Kenny Africa, woordvoerder van die provinsiale verkeersowerheid, het aan IOL gesê daar word vermoed dat die bestuurder van die bus moontlik aan die slaap geraak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wilma ·

Ek het lank op passasiersbusse gewerk… ja, ek myself het maar pilletjies gebruik om ‘n drywer geselskap te hou… dit is nie lekker om sulke dinge te sien nie en te belewe nie… baie swaarvoertuie se drywers is moeg, dit sukkel maar om so ‘n voertuig verby te gaan….

Penellope Jones ·

Moontlik was spoed dalk ook ‘n faktor siende dat mense uit die bus geslinger is. Spoed saam met die feit dat dit genoem is dat die bestuurder dalk aan die slaap kon geraak het.

Zoro ·

Lt.Kol.Traut noem dat die oorsaak van die ongeluk ondersoek word om vas te stel wat presies gebeur het. Nou kom Spiedkop Kenny African vermoed sonder konkrete bewyse die bus bestuurder het aan die ‘slaap’ geraak . Mense is dood in die ongeluk, baie familie lede word hierdeur geraak,dis nie nou tyd om te gis oor die ongeluk nie. Hou Spiedkoppe uit polisie sake ASB. dit net weer hoe onprofesioneel die ‘Grootbas Spiedkop’ leë vat hou toe jou krane dalk sal jy aangesien word as n volle

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.