N2 by Botrivier blitsig opgeknap

(Foto: Facebook/Theewaterskloof municipality)

Die Theewaterskloof-munisipaliteit in die Wes-Kaap het Maandag die verblydende nuus gedeel dat die gedeelte van die N2 by die Botrivierbrug weer heropen is.

Maroela Media het vroeër berig dat die Botrivierbrug heeltemal weggespoel het. ʼn Motor was op die brug en is deur die vloedwater meegesleur. Een persoon kon uit die vloedwater gered word, maar ʼn tweede persoon wat in die motor was, word steeds vermis.

(Foto: Verskaf) Neem asseblief kennis dat die pad nie so gelyk het toe Nico en Jaco besluit het om die pad te oorsteek nie.

“Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het merkwaardige werk in ʼn rekordtyd afgehandel,” lui ʼn verklaring van die Overberg‑distriksmunisipaliteit.

“Die beskadigde gedeelte wat tydens die September‑storms en vloedskade weggespoel het, is binne ʼn maand herstel.”

(Foto: Facebook/Theewaterskloof municipality)

Volgens die munisipaliteit sal die heropening van die pad onnodige opeenhoping op nasionale paaie, sowel as die ongerief wat dit vir inwoners en motoriste veroorsaak het, verlig.

“Die opening van die pad sal ʼn funksionerende vervoernetwerk verseker om die ekonomie van die Theewaterskloof-munisipaliteit aan te dryf.

“Welgedaan aan Sanral. Ons waardeer julle toewyding om die herstelwerk so gou moontlik af te handel. Ons is dankbaar dat julle veiliger paaie bou om ons reiservarings te verbeter deur die nasionale padnetwerk vir maatskaplike ontwikkeling en ekonomiese groei in Suid-Afrika te verbeter en in stand te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johan ·

Opknapping en herstel van N1, N2, N12 en andere hou net ‘n paar maande omdat dit oppervlakkige lapwerk is. Ek wonder hoelank hierdie brug gaan hou. Is hy vir swaar padvervoer gebou?

Johan D ·

Die brug hou al van hy jare gelede gebou is dus is dit sterk genoeg. Die brug was nie beskadig nie, slegs die pad wat weggespoel het voor die brug en nou herstel is.

Walda ·

SANRAL ?? Ek sal maar versigtig wees,hoeveel ander paaie is swak, Bloukrans pas, N2 Maalgate by George, hulle vis vir nog tolhekke sonder alternatiewe routes???

Johan D ·

Bloukrans pas is al jare verwaarloos en SANRAL het nie beheer daar nie. Die R102 is provinsiaal. Oostelike kant Oos-Kaap provinsie en in patetiese toestand. Westekant is Wes-Kaap en in ʼn baie beter toestand.

Spotty ·

Wens ons het so n munisipaliteit hier in Pinetown KZN gehad, twee jaar na die vloed en omtrent niks herstel nie.

Jacobus ·

Mooi gedoen Weskaap dit is hoe n funksionerende DA beheerde munisipaliteit werk.

Miss J ·

Fantasties, dis net DA beheerde areas wat alles reg beheer. So is dit veronderstel om oral te werk, maar nee, ANC weet net van breek, nie van hestel

Kirst ·

Onthou, die N2 is ‘n nasionale pad. Net SANRAL mag aan nasionale paaie werk laat doen. Dis buite munisipaliteite se beheer.

Johan D ·

Korrek maar ek glo die Streeksmunisipaliteit het ook ʼn vinger in die pastei gehad.

Niel ·

volgens alle fotos wat ek gesien het was die brug nog heeltyd reg gewees.. dit was die pad wat aansluit met die brug self wat weggespoel het. Volgens ‘n sateliet foto, vergelyk met google earth foto kan mens duidelik sien dat die rivier sy eie pad gemaak het en pad dus verspoel het.. Brug steeds onaangeraak. Massa water was net te veel gewees om deur die brug te gaan. As die brug self weggespoel was, dan sou herstelwerk nog langer gevat het. Dit iets wat mens moet 1stehands moet gaan uitvind met die ingeneurs wat betrokke was met hierdie projek om die werklike omvang te verduidelik presies wat gebeur het. Sal ‘n interresante artikel uitmaak ook. Die brokkie belangrike inligting wat niemand agtergekom het, en net aangeneem het @ brug wat weggespoel is, want op die oog volgens eerste fotos het dit so gelyk ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.