Nelspruit-bedrieër: Nog ʼn familielid vas

Kerry Avent. Foto: Valke

Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met bedrog van miljoene rande waarby ʼn boekhouer van Mbombela (Nelspruit) en van haar familielede betrek word.

Kerry Avent (31) is Dinsdag deur lede van die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad in hegtenis geneem, het kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, gesê.

Sy is die vyfde persoon wat onlangs in verband met dié saak in hegtenis geneem is. Lucy Andrea du Preez (50), Johan Avent (53), Piet Albertus Meintjies (36) en Maria Antoinette le Roux (49) is vroeër die maand in hegtenis geneem.

Die vyf verdagtes se inhegtenisnemings volg nadat Carol Ann Avent (46), ʼn werker by die maatskappy Transco in Mbombela, in 2016 in hegtenis geneem is. Sy het vals begunstigdes geskep en die maatskappygeld in verskillende rekeninge, wat glo aan haar familielede behoort, inbetaal. Die bedrag het altesaam R11,5 miljoen beloop.

Carol Ann Avent is na haar inhegtenisneming van 1 150 bedrogklagte aangekla en op borgtog van R5 000 vrygelaat. Sy het intussen skuldig gepleit, is skuldig bevind en die saak teen haar is tot November uitgestel.

Die vyf ander verdagtes, almal familielede van Carol Ann Avent, was glo die begunstigdes van die geld wat in die onderskeie rekeninge inbetaal is.

Hulle het almal reeds in die landdroshof in Mbombela verskyn en is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat.

Al die verdagtes moet op 5 November weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Diefie ·

Duidelik hulle is nie parliments lede nie. Hulle moet maar lesse gaan neem by die Guptas as hulle wil wegkom met bedrog.

fish ·

Ek verstaan nie wat die probleem is nie. almal in die ANC doen dit so hoekom kan sy nie dit doen nie?

emily ·

Kry vir julle, Geldgierig en gou ryk word is deesdae die In ding.
Sies man, julle behoort julle te skaam.

Jerry ·

Ai tog, ons kan maar net ons koppe skud totdat ons ore afval. SA het van bo tot onder in n misdaad mekka ontaard en is tans n land van desperate wetsongehoorsame en onwettige geleenthede. Dit raak nou vir baie mense n kwessie van “if you can’t beat them, join them”!

B ·

HAHAHA – kyk na die plakaat agter haar – ‘Bank Card Skimming’ waarskuwing.

Staatsamptenaar ·

En by ‘n ander berig op die forum word gereken dat jy in die staat moet werk om vinnig ‘n miljoener te word sonder om enige iets te doen. Wel soos die Ingelse se: ” I rest my case”.

Ek hoop mense besef finaal dat daar in die private sektor ook korrupte mense is. As mens kyk na die bedrae geld hier ter sprake, dan wonder ek hoe is dit moontlik om dit so goed weg te steek vir so tydperk? Duidelik is ek nie skelm genoeg nie :) Die 1150 bedrogklagte laat my die afleiding maak daar is waarskynlik 1150 transaksies betrokke gewees in hierdie bedrogspul. Dis darem baie.

dennis jones ·

dan kry jy mense wat kwaad word omdat jy nie beindruk is deur hulle blink karre en mooi huise nie ,wys eers hoe kry jy daardie goed dan sal ek miskien beindruk wees

Wondernet ·

Nou hoekom so min borg? Hoekom nie dieselfde bedrae as daai mense van die Kirion skema nie. Hulle leef in weelde en moes R2mil plus betaal het. Crime does pay in SA

Eben ·

Hoe kan die saak so vinnig hanteer word, maar politieke bedrog sloer jare? Iets is baie ernstig fout in ons regstelsel. Duidelik dubbel standaarde. Miskien is dit maar net ‘n aansluiting by die regering se doel om blankes vinnig en spoedig te vernietig.

Ek probeet maar so eenvoudig as moontlik lewe en voorkom enige vriendskap wat op welstand gegrond is. Dit is ook lekker as die bedelaars en rowers vanself my vermy . Snaaks die predikante hou ook nie van mense wat soos ek lewe nie. Ek sorg net dat ek gesond en innerlik reg lewe.

Swanna ·

Wanneer gaan die Valke toeslaan op die ander bedrog sake (lede van die parlement). Lyk my hierdie ouens kan net klein vissies vang. Hulle is bang vir die haaie want hulle het tande.

Jerry B ·

Fraaie ou gesiggie maar stiile waters diepe grond onder dwaal die duiwel rond. Sies skaam jou.????

Stormjaars ·

Dit ten koste van ander mense wat baie of selfs alles verloor. Nou sit ander mense seker met skuld en die bedreers gaan net tronkstraf kry. ń boekhouer mag nie kriatief wees nie.

Christa ·

Seker gedink Sy werk vir anc en Sal daarmee wegkom. Laat hulle lank sit

ap ·

Nie sleg gedoen , eerste oortreder kry ongeveer 5 jaar. Die geld is klaar spandeer

Johan ·

Wat van die VBS bank? Politici betrokke met baie meer geld! Nog niemand gearresteer en gevonnis???

Leon ·

Deksels, die ANC moet op hulle knieë voor haar afgaan en haar aanbid. Sy het so pas ‘n goeie ANC parlementslid geword.

Annelie ·

Snaaks hoe vining foto’s van wit oortreders geplaas word!

Arie ·

Ek het geen simpatie vir hulle nie maar dis net snaaks dat hulle so gou gevang word terwyl daar nog niemand vir staatskasping vervolg is nie

Die Waarheid ·

As daar meer Valke in hierdie land was so ……………………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.