New York: Amerika se ongeskikste stad

Intimiderende bestuurders, voetgangers wat nie glimlag nie en meer as agt miljoen haastige inwoners: New York is onlangs as die ongeskikste stad in Amerika aangewys.

Die Januarie-uitgawe van Travel and Leisure het dié eer aan New York toegeskryf en gesê dat lesers Amerika se dig bevolkste stad bó 19 ander stede aangewys het. Miami het die twee prys behaal en Washington DC en Los Angeles was gesamentlik in die derde posisie. Kleiner stede in die suide wat teen ʼn stadiger pas beweeg soos New Orleans en Charleston is onder die top vyf vriendelikste stede aangewys. “Mense in New York is altyd haastig,” het Thomas P. Farley, outeur van die What Manners Most-blog glo aan die tydskrif gesê. “Hulle staan verseker nie op die straathoek en glimlag en wuif en wag om mense te help nie, maar wanneer jy ʼn New Yorker voorkeer en aanwysings vra, is hulle darem gewoonlik baie behulpsaam.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.