NSRI-boot gesteel, uitgebrand

Die boot is Sondag in die vroeë oggendure gesteel. (Foto: Verskaf)

Die polisie en die metropolisie in Kaapstad is op soek na boosdoeners wat Sondag by een van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasies in die Wes-Kaap ingebreek en ʼn boot gesteel en toe uitgebrand het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê bemanningslede van die Strandfontein-stasie het vroegoggend aangemeld vir opleiding toe hulle besef daar is by die stasie ingebreek.

Vier slotte aan ʼn sleepboothek was beskadig en ʼn reddingsboot was weg.

Die stasie se alarmstelsel vir die hoofhek wys dat dit om 02:10 afgegaan het.

Die polisie is ontbied en ʼn saak van diefstal en saakbeskadiging is aanhangig gemaak.

Later die middag is die wrak van ʼn uitgebrande boot in ʼn oop veld in Blikkiesdorp in Delft aangetref en die NSRI het bevestig dat dit sy vermiste reddingsboot is.

“Daar word vermoed dat dele van die boot – soos die enjinmotor – gestroop is voordat dit aan die brand gesteek is,” sê Lambinon.

“Dit is glad nie meer bruikbaar nie.”

Volgens Lambinon is daar vantevore al by die NSRI se stasies ingebreek, maar daar was nog nooit ʼn geval waar een van sy reddingsbote gebuit en uitgebrand is nie.

ʼn JetRIB-reddingsboot van die NSRI, soos die een wat verwoes is, kos R650 000 wanneer dit ten volle toegerus is vir reddingsoperasies.

“Die NSRI doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die inbraak om dit by die polisie aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marthinus Johannes ·

Die alarm het net na 2 afgegaan. Hoekom het niemand uitgegaan om te gaan kyk nie.

Niklaas ·

Dit klink nie na ‘n goeie alarm wat daar ingestalleer was nie. Sonie het die wagte ‘n gehoor probleem.

Samuel ·

Hierdie gebeure laat ‘n bitter smaak in jou mond. Wetteloosheid seëvier.

Minnie ·

Baie bitter.
Dis die rede hoekom mense nie meer vrygewig is nie. Niks word waardeer nie.

Francois ·

Die alarm het 02h10 afgegaan maar niemand het gaan kyk. Neem die alarm mense verantwoordelik daarvoor

Minnie ·

Dis skokkend. Hierdie mense red lewens, van alle rasse en is afhanklik van skenkings om te funksioneer.
Net mooi NIKS on ons land is meer veilig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.