Oekraïne: 100 dae van oorlog

Nuwe grafte in Marioepol vertel ‘n verhaal van 100 dae van oorlog. (Foto: AFP)

Gevegte in Oekraïne duur nou reeds 100 dae lank voort, terwyl Russiese magte hul greep op die Donbas-streek selfs verder verstewig.

Die sombere mylpaal kom terwyl Kiëf aangekondig het dat Moskou nou in beheer is van ʼn vyfde van Oekraïense grondgebied. Dit sluit in die Krim-skiereiland en dele van Donbas wat Rusland sedert 2014 begin annekseer het.

Oekraïne kon Russiese magte minstens uit sy hoofstad hou, maar pres. Wladimir Poetin se magte het nou hul oog op die ooste van Oekraïne – ʼn stap wat daarop dui dat die oorlog nog geruime tyd kan voortduur.

Sommige van die felste gevegte draai nou om Severodonetsk in die Donbas-streek. Die Russe het reeds 80% van hierdie gebied oorgeneem, maar Oekraïense magte bied kwaai weerstand.

Pres. Wolodimir Zelenski, president van Oekraïne, het laat Donderdag gesê Oekraïense magte het ʼn mate van sukses in die nywerheidsentrum in die Lugansk-streek behaal.

Loehansk-goewerneur Serhij Gaidai het op Telegram gesê die Russe stoot die afgelope 100 dae alles plat, terwyl hy Moskou terselfdertyd daarvan beskuldig het dat hulle hospitale, skole en paaie verwoes.

“Ons word net sterker. Haat vir die vyand en geloof in ons oorwinning maak ons onbreekbaar.”

Duisende mense is dood en miljoene het gevlug sedert Rusland sy buurman op 24 Februarie binnegeval het. Zelenski sê tot ʼn honderd soldate sneuwel daagliks op die slagveld.

Russiese soldate het Severodonetsk se Azot-fabriek, een van Europa se grootste chemiese aanlegte, geteiken en gevuur op een van die administratiewe geboue, sowel as ʼn pakhuis waar metanol geberg word.

Bombardering al hoe feller

Rusland beheer nou ‘n vyfde van Oekraïnse grondgebied. (Foto: AFP)

Oekraïense magte het steeds beheer oor ʼn nywerheidsone, sê Gaidai. Die situasie herinner aan die een in Marioepol waar ʼn groot staalaanleg die laaste bastion was tot Oekraïense magte laat in Mei oorgegee het.

Die situasie in Lysychansk lyk ewe beroerd.

Sowat 60% van alle infrastruktuur en huise is verwoes, terwyl die internet, selfoonnetwerk en gasdienste nie meer beskikbaar is nie, het Oleksandr Zaika, burgemeester, gesê.

“Die bombardering word elke dag erger.”

In die stad Sloviansk, sowat 80 km van Severodonetsk, sê inwoners daar is deurlopende bombardering deur Russiese magte.

“Dit is moeilik. Daar word oral gevuur – dit is vreesaanjaend. Geen water, krag of gas nie,” het Ekaterina Perednenko (24), ʼn paramedikus en inwoner, gesê. Sy het vyf dae gelede na die stad teruggekeer, maar sal dit weer moet verlaat.

In Mykolaiv, in die suide, het Russiese bombardering minstens een lewe geëis, terwyl talle ander mense beseer is.

Finansiële druk

Wolodimir Zelenski, president van Oekraïne. (Foto: Oekraïnse presidensie via AFP)

Gelei deur die VSA het Westerse lande wapens en militêre voorraad na Oekraïne gestuur om die land te help om die aanslag te oorleef.

Bridget Brink, die nuwe ambassadeur na Kiëf, het Donderdag onderneem dat die VSA sal voortgaan om Oekraïne te help om sterk te staan teen Russiese aggressie.

Vroeër in die week het die VSA aangekondig dat hy selfs meer wapens na Oekraïne stuur. Dit sluit in mobiele missiellanseerders wat gelyktydig verskeie missiele op teikens tot 80 km ver kan lanseer.

Dit vorm deel van ʼn $700 miljoen-pakket wat ook lugradarstelsels, ammunisie, helikopters en ander voertuie insluit.

ʼn Woordvoerder vir die Kremlin, Dmitri Peskof, het Washington daarvan beskuldig dat hy olie op die vuur gooi, hoewel Amerikaanse amptenare volhou Oekraïne het onderneem om die wapens nie te gebruik om ʼn aanval in Rusland te loods nie.

Benewens die stuur van wapens na Oekraïne, het Westerse bondgenote ook probeer om Rusland in ʼn finansiële wurggreep te kry in ʼn poging om Poetin te oortuig om die oorlog te laat vaar.

Die VSA het nou ook Poetin se geldbestuur geswartlys, sowel as ʼn maatskappy in Monaco wat luukse seiljagte aan die Russiese elite verskaf.

Lande in die Europese Unie (EU) het ook ingestem tot nuwe sanksies wat 90% van Russiese olie-invoere na die streek teen die einde van die jaar sal staak.

Kommer oor olie

Heelwat infrastruktuur is die afgelope ruk in voortgesette aanvalle verwoes. (Foto: AFP)

Rusland het egter gewaarsku dat Europese verbruikers die eerste sal wees om die prys te betaal vir die olie-embargo.

Groot produsente het ingestem om produksie met 50% meer per maand te verhoog in ʼn poging om markte te kalmeer en druk op inflasie te verlig.

Beleggers was egter teleurgesteld en pryse het na die aankondiging begin styg.

Die oorlog laat gevaarligte flikker oor ʼn wêreldwye voedselkrisis omdat Oekraïne een van die wêreld se voorste graanprodusente is.

Dit het reeds gelei tot hoër pryse vir noodsaaklikhede soos sonneblomolie en mielies, met armes wat die swaarste getref word.

Die hoof van die Afrika-unie (AU), Senegalese president Macky Sall, besoek Rusland na verwagting Vrydag vir samesprekings met Poetin.

Die besoek is gemik daarop om voorraad van graan en kunsmis te laat vrystel, veral omdat die Afrika-lande besonder swaar tref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pietertjie ·

Dit klink amper soos ‘n rekenaarspeletjie, terwyl die res van die wêreld toekyk. Dit herinner my aan die 2006-fliek Idiocracy.

Dries ·

Dit is reeds hierdie Afrika lande wat vir Putin ondersteun. Hou die graan vir die Weste. Ons sal gras eet

Althes ·

En ñ Russiese oliarg skenk geld vir die ANC party. Al wat ons regering toemond maak, is geld.

Dries ·

In Ukraine kos dit n mal man soos Putin om n land te verwoes. In SA verwoes die ANC die land op eie houtjie. Die wereld is deurmekaar. Die liewe Here behoed ons

Vernon ·

Ditto Dries,en ons doen niks daaraan nie..jy weet wat ek bedoel.

Hans ·

Die oorhoopsheid van Afrikaners met Oekraïene en dwelmverslaafde akteur president, wat net skreeu vir nog wapens, laat my dink daar is groot skroef los.
Na duisende tonne wapentuig reeds daar gelewer is, wat word van alles? Die Oekraïene lewer wapens aan Sentrale Afrika Republiek, waar hul magte in burgeroorlog oor olie betrokke is. Op die swartnet word bv ‘n Stingermissiel vir $30 000 aangebied.
Wat is uiteinde vir bykans 5 miljoen hoofsaaklik vroue vlugtinge uit Oekraïene, na hul mans tot die laaste geveg het? Is Zelensky-regime nie besig met sy eie volksmoord agenda teen eie landsburgers nie?

Thom ·

Die poetin-poppies se verbeeldingsvlugte ken geen einde nie!

Nettie ·

Ek dink mense is geneig om te dink as dit nie A is nie, is dit B. Of links, of regs. Daar’s net geen “middeweg” vir party mense nie.

Hulle het gehoor en geleer van die onderduimsheid in Nato. In plaas daarvan dat mense sien BEIDE Nato en Rusland tree nou verkeerd op, dink baie omdat Nato verkeerd was, is Rusland dus noodwendig reg.

Nee wat. Almal wat oorlog druk, voer, uitlok of veroorsaak, is EWE skuldig in my boek. Dis die vrouens en kindertjies wat die ergste daaronder lei.

Maak dit Poetin dan nou ‘n engeltjie? Wanneer sy soldate miljoene mense se huise en inkomstes vernietig? Daar WAS ander metodes. Daar WAS opsies wat hy gekies het om nie te volg nie. Nato is NETSO skuldig, maar dit maak Poetin nie onskuldig nie.

Roebs ·

Niemand doen iets nie in ons tyd sit almal net en toekyk hoe ‘n leier die ‘n ander land vernietig mense se lewens en gesinne uitmekaar skeur . Die wereld sit net en kyk. Maak my hartseer dat niemand opstaan teen Rusland nie, iemand moet se genoeg is genoeg.

Eden ·

Die spul kan nog vir maande aangaan. Ons raak nou gewoond daaraan, dis amper soos kowid.

capie ·

Die dodetal van burgelikes in die oorlog is net meer as die helfde van die gemiddelde Suid Afrikaanse moordsyfer. Niemand kan ons wen nie. Daarby het die Suid Afrikaanse regime dieselfde strategie as van die ander Russiese ondersteuners gevolg met betrekking tot covid 19 en soos hulle is hier net ‘n ander manier probeer vind om die ” lock down ” te verleng. Alles mooi uitgewerk deur moeder Rusland.

Hans ·

Zelensky is oneerlik met sy onderhandelinge. Tydens sy verkiesingsveldtog vir president, het hy vrede met Donbass belowe, in sy termyn.
Zelensky verduidelik nie waarom hy wetgewing geskep het, om Pole in Wes-Oekraïene, as “besettingsmag” toegelaat gaan word. Eintlik dat NAVO met Oekraïense wetgewing toegang tot sy land, as besettingsmag gegee word, onder preteks dat dit Pole is.
Olie en gas wat deur Russiese Federasie verskaf word, is ongeveer 10% van Opec se totale produksie. Vsa manupileer die pryse, om die byna bankrot Vsa oliebedryf, wat groot in aardgas belê het, se winsgrens te vergroot. Oekraïene was slegs deurvoer land vir Russiese gas na EU. Dalk moet mense besef dat wêreld oorbevolk is en dat owerhede die bevolking probeer verminder?
Vra jouself vraag, waarom kry ons bv Sasol brandstof nie goedkoper nie? Waarom kry Boere nie Sasol kunsmis goedkoper as ingevoerde kunsmis? Hoe is dit moontlik om goedere in te voer, as plaaslik geproduseerde produkte?

JohanR ·

Selfs word Oekraine 100% Russies gaan Putin dir nou baie moelik vind om enige ander land in te val. Hy het nou sy hand gewys ,en op ‘n manier verloor want ander lande gaan nou gou gou gou by NAVO aansluit.

Thom ·

Poetin het gedobbel en alles verloor __ hy verloor die oorlog en almal met werkende oë en brein het nou gesien wie en wat hy werklik is. Deur sy pogings om die USSR te laat herleef het rusland alle aansien in die wêreld verloor.

Hans ·

Putin val niemand se land binne nie. Tans is Russiese taal wetlik verbied in skole en openbare instellings. Maw, 1/3 van bevolking van Oekraïene word wetlik onderdruk tov taal en kultuur. Klink nogals soos SA?
My vraag, as die SA owerhede gewapende geweld gebruik om Afrikaners te onderdruk, om af te sien van hul taal, kultuur en tipe Calvinistiese godsdiensinstellings, sou jy geveg het teen die onderdrukking?

Thom ·

” Putin val niemand se land binne nie. ” 150,000 Russies soldate in Ukraïene vertel ‘n ander verhaal. Volgens jou moet Frankryk Kanada binneval ___ regtig amusant.

Nettie ·

Poetin het nie die oorlog verloor nie. Nie naastenby nie. Inteendeel. Luister bietjie na die “ander kant” ook en nie net MSM wat te vertelle het hoe Oekraiene wen nie. Dit vertel ‘n HELE ander storie.

Rusland val uiters strategies aan, en met hul oudste toerusting. Hierdie is slegs ‘n “oefenlopie” vir hulle, om hul soldate voor te berei vir wat nog kom. Baie, baie slim. Want hulle weet wat kom (anders as wat MSM wil he hul kykers moet weet), en hou hulle hand baie naby aan hul bors. Kyk baie, baie mooi wat regtig aan die gang is.

Dit word openlik op Rusland se televisie genoem dat Rusland en Navo klaar in WW3 betrokke is. Dis slegs die MSM-navolgers wat geen benul het daaroor nie.

Thom ·

Een doelwit na die ander word nie bereik nie = verloor. Een derde van totale vermoë verloor = verloor __ gee gerus minder aandag aan poetin se snert .

annie ·

Moet ons net die een nuusgroep se verslae lees? RT, die Russiese kanaal op internet en andere verskaf teenstrydige inligting, tensy Afrikaners nou ook ‘n skreeuende kaartmannetjie begeer, wat selfs Israel kwaad gemaak het met sy verdraaïng van die geskiedenis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.