Olifant-aanval: Toeris sterk aan, name bekend

Jans de Klerk en Sarah Brooks. Foto: Facebook.

Jans de Klerk en Sarah Brooks. Foto: Facebook.

‘n Toeris van Engeland wat onlangs in die Krugerwildtuin deur ‘n olifantbul aangeval is, sterk in die hospitaal aan.

Sarah Brooks word sedert verlede week in die Medi-Clinic in Nelspruit behandel. Die bul, wat bronstig was, het Brooks en haar vriend, Jans de Klerk, in hul voertuig by die N’waswitshaka-watergat, suid van die Phabeni-pad, aangeval. Die paartjie het die olifant van agter verfilm toe dit eweskielik hul voertuig bestorm en omgekeer het. Brooks is beseer nadat een van die bul se tande haar bo-been agter oopgeskeur het. De Klerk het geringe beserings opgedoen en is vir skok behandel.

Die paartjie het geweier om enige onderhoude aan ʼn SAPA-korrespondent toe te staan.

SAPA kon van die paartjie se Facebook-profiele aflei dat De Klerk aan die Pro Arte-skool in Alphenpark, Pretoria, skoolgegaan het, en nou in Spalding in Lincolnshire in Engeland woon en werk.

Brooks woon en werk ook in Spalding, en het aan die Northumbria Universiteit studeer.

Berdine Malan, die woordvoerder van die Medi-Clinic, het Maandag gesê Brooks is in ʼn stabiele toestand. Malan kon egter nie bekend maak waneer Brooks ontslaan kan word nie.

Maroela Media het onlangs berig ʼn herrie het losgebreek nadat dit aan die lig gekom het dat die bul ná die voorval van kant gemaak is. Lees meer hier.

Lees ook:
Olifant van kant gemaak ná dit motor in Krugerpark aanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.