Ongeluk binne 3 ure met splinternuwe kar

(Foto: Rusa/Facebook)

Die bestuurder van ʼn wit Volkswagen Polo het ʼn ongeluk met sy motor gehad, net drie ure ná hy die voertuig in ontvangs geneem het.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is Maandagaand omstreeks 19:20 na Inandaweg in Inanda, KwaZulu-Natal ontbied oor berigte van ʼn voetganger wat omgery is.

Die motor het ʼn voetganger getref toe sy die pad wou oorsteek.

Volgens die bestuurder van die Volkswagen Polo het hy die middag omstreeks 16:30 met die motor, ʼn 2019-model, van die handelaar weggery. Hy was op pad na Verulam toe die ongeluk plaasgevind het.

Die 24-jarige voetganger is deur paramedici behandel vir matige beserings en is na ʼn hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Racheltjie Debeer ·

Vir die eienaar was dit ‘n splintenuwe motor!!

Willem(Kosie) ·

“splinternuwe”- 2019? “kar” – motor? mmmm…….

Kimmy ·

Splinternuut vir die eienaar van die motor. Nie almal kan die nuutste voertuig op die mark bekostig nie

007 ·

Matige beserings? Dink as ‘n kar so lyk as hulle my raakgery het sal ek nie net matig beseer wees nie. Maar aan die anderkant ek sal nie net oor die pad loop sonder om te kyk nie.

Driekus ·

Aggenee man. Watter mors van ‘n stuk leesstof. Ek het al bandopnames gesien waar mense karre stamp voordat hulle nog van die handelaar se vloer af kon kom. Selfs deur die vensters bars met die nuwe motors. nie tweedehandse motors nie.

Marthina79 ·

Die enigste voertuig wat gevaarliker is as n Polo is n Polo met n groot rooi “L” teen die agterruit.

JM ·

Sommige voetgangers kruis ‘n straat sonder om te kyk vir verkeer. Ek het ook byna ‘n voetganger raakgery, wat vir my motor gekyk het en steeds probeer oorstap het.

Meisie ·

Hulle dink seker “hulle het brieke” mens sien hulle nie altyd nie, nie om snaaks of vieslik te wees nie maar jy sien hulle nog minder in die donker, mense wat in die aand loop hoort “reflective” klere te dra, ons land se straat ligte is nou nie juis iets om oor huis toe te skryf nie..

Misky ·

Tyd dat voetgangers aangekla word. Hulle hoort nie op besige paaie nie en kan nie afstand skat nie. Nog minder as dit donker is. Loop net oor die pad wanneer hulle so voel en dan gebeur dinge soos die.

Marina ·

seker weer spoed wat hier betrokke was en iemand wat nie weet hoe om ‘n voertuig te hanteer of beheer nie

Swerwer ·

Dit gebeur, wat is die eintlike storie nou. Het hy nie versekering nie en soek hulp, simpatie of wat?

Pieter ·

Ek kan net dink waarmee die persoon gaan sit. Geen versekering sal daardie kostes tenvolle dek nie. Nou het die persoon meer as een uitgawe en geen kar…

JohanR ·

Ek het eenkeer toe ek vroeg more gaan draf ‘n spliternuwe Polo mooi in die middel om ‘n lamp paal gesien. Hy het nog nie eers permanente nommer plate op gehad nie. Het Polo’s oorgeneem by BMW’s as die nuwe spoedvraate en kaans vatters?

Niklaas ·

Die bestuurder het daardie dag betaal vir die kar EN ook betaal vir daardie gekoopte bestuurderslisensie . Daarvan is ek seker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.