Operasie Cloud 9: Fees wil kinders só beskerm

Argieffoto

Argieffoto

Maroela Media het laas jaar berig oor Operasie Cloud 9 – ʼn voortgesette veldtog wat spesifiek op die been gebring is om aanlyn seksuele uitbuiting van kinders te ondersoek.

Na aanleiding van dié veldtog word ʼn fees dié naweek gehou om bewusmaking te skep oor kindermolestering en ander seksuele misdrywe. Volgens die organiseerder, Jaco Herbst, is die doel van dié fees om ouers bewus te maak van dié gevare. “Daar is tekens wanneer jou kind ʼn slagoffer van seksuele geweld is – ’n mens moet net bewus wees van dié tekens, anders is dit maklik om dit mis te kyk.”

Hierdie fees het verskeie sprekers wat onder meer sal gesels oor dié tekens, asook die gevare van kinderpornografie en dwelmgebruik onder kinders. “Mense wil nie oor seksuele misdrywe teen kinders praat nie, maar ons wil hê hulle moet weet dis ʼn werklikheid.”

Maar soos enige fees, sal daar ook musiek, stalletjies en kos wees. Jaco sê dié fees gaan nie oor wins nie en dat alle ingesamelde geld na organisasies toe gaan wat met kinders werk wat blootgestel is aan dié lelike sy van die lewe. “Ek wil myself nie daaruit verryk nie, die volle opbrengs van die dag sal aan Dante Chan Sentrum gegee word vir die goeie werk wat hulle vir mense in nood doen.”

Die fees vind plaas op Saterdag 12 Maart by Weltevrede Leeuplaas in Heilbron. Dit begin om 10:00 en eindig om 18:00. Die koste beloop R50 per volwassene en R20 per kind.

Rig navrae aan Jaco Herbst by 071 351 1555 of Louise Claasen by 083 659 6200. Gaan besoek gerus hul Facebook-blad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.