OR Tambo-boewe skuldig bevind

Christopher Billings Foto: EWN

Een van die beweerde meesterbreine van die R100 miljoen-roof by OR Tambo Internasionale Lughawe in 2006, is Woensdag in Boksburg aan die Oos-Rand van Johannesburg in hegtenis geneem.

Christopher Billings het nie Woensdagoggend in die Suid-Gautengse hooggeregshof opgedaag vir sy betrokkenheid in die roof nie, berig EWN. Ses ander mans is skuldig bevind en een verdagte is vrygespreek. Toe Billings nie in die opdaag nie, het sy ma opgestaan en aan die regter gesê dat haar seun glo in ‘n padblokkade opgehou word. Die regter het egter ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik nadat prokureurs nie met hom in verbinding kon tree nie.

Billings is uiteindelik in Boksburg aangekeer. Beamptes sê hy het glo bagasie by hom gehad en dat hy glo oppad was Swaziland toe.

Fox Sithole, Eddie Ubisi en Bongani Ronny Mbuyisa is almal aan poging tot roof skuldig bevind, terwyl Ananias Nefumembe en Thokozani Ziqubu skuldig bevind was aan roof. Uakareraije Maunda is skuldig bevind vir sy betrokkenheid na die rooftog.

Cecil Arendse is op alle aanklagte vrygespreek.

Die hofsaak, wat meer as ses jaar geduur het, is meer as 50 keer uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.