OVK-baas ignoreer glo eise dat sy moet bedank

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

Pansy Tlakula. Foto: eNCA

UDM-leier Bantu Holomisa het Pansy Tlakula, die voorsitter van die OVK, daarvan beskuldig dat sy nie op opposisiepartye se versoek, dat sy moet bedank, reageer het nie.

“Ons is tans in gesprekke met prokureurs kragtens die veelparty-resolusie,” het Holomisa gesê. Opposisiepartye het Tlakula tot Maandagmiddag gegun om op hul versoek te reageer dat sy moet bedank. Die partye het met regstappe gedreig as sy nie reageer nie.

Die partye het vroeër vandeesmaand aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se bestuur gesê hulle is bekommerd oor die geloofwaardigheid van die algemene verkiesing op 7 Mei nadat ʼn verdoemende verslag oor Tlakula die lig gesien het.

Ouditeure van PriceWaterhouseCoopers het namens die Nasionale Tesourie ʼn verslag saamgestel oor die aanskaffing van die OVK se kantoor by Riverside-kantoorpark in Centurion, Pretoria. Die verslag het bevind die proses was nie regverdig, deursigtig of koste-doeltreffend nie. Die verslag het ook bevind dat Tlakula verskeie persone nie ingelig het oor wat van hulle verwag word tydens die proses nie.

Die United Democratic Movement (UDM), die Azanian People’s Organisation (APO), die African Christian Democratic Party (ACDP), die United Christian Democratic Party (UCDP), die Congress of the People (Cope), Agang SA en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het versoek dat sy moet bedank. Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Maandag gesê hy is nie deel van die groep nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.