Plaasaanvalle: Al 60 dié jaar

TLU SA het Maandag bekend gemaak dat altesame 60 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde alreeds dié jaar by hulle aangeteken is.

Die aantal plaasmoorde wat sedert 1990 in Suid-Afrika gepleeg is, staan volgens hul statistiek op 1 571. “In dieselfde tydperk is 2 788 plaasaanvalle opgeteken,” het Henry Geldenhuys, voorsitter van die TLU SA se veiligheidskomitee, aan Landbou.com gesê.

Hy sê dié statistiek word bygewerk wanneer voorvalle by die organisasie aangemeld word, en ook deur inligting wat hulle in die media kry. Die statistiek sluit voorvalle op plase en kleinhoewes in.

Geldenhuys sê hulle vermoed dat hul statistiek redelik akkuraat is. Hy sê met ’n tweede fase van die boek Treurgrond, waarin plaasmoorde tussen 1990 en 2010 opgeteken is, is mense gevra om voorvalle wat nie in dié boek genoem is nie, aan te meld. Hulle beraming was met sowat 10 gevalle uit.

Klik hier om die volledige storie te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.