Plaasmoorde: 2013 dalk swartste jaar sedert 2005, sê TLU SA

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) sê na afloop van die eerste maand van die jaar wil dit voorkom of 2013 afstuur op die swartste jaar wat betref plaasaanvalle en plaasmoorde sedert 2005.

Volgens TLU SA is daar in Januarie vanjaar minstens agt mense tydens 17 plaasaanvalle dood. TLU SA sê die meeste plaasaanvalle het in Gauteng plaasgevind. “Vyf mense is dood in agt aanvalle in dié provinsie. Die onbenydenswaardige tweede plek word beklee deur die Vrystaat, waar drie mense dood is in ses plaasaanvalle, twee aanvalle het in Mpumalanga plaasgevind en een in Natal.” TLU SA sê hierdie syfers is ’n drastiese verhoging in vergelyking met Januarie 2012 toe vyf mense in elf aanvalle dood is. “Uiteindelik is in die hele 2012, 51 mense vermoor in 141 aanvalle.”

Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA en voorsitter van die organisasie se veiligheidskomitee, sê indien die tendens van Januarie 2012, soos wat dit uiteindelik vir daardie hele jaar gerealiseer het, van toepassing gemaak moet word op 2013, soos blyk uit die Januarie-syfers, sal daar uiteindelik minstens 82 mense vanjaar op plase vermoor word in 218 aanvalle. “Dit sal die hoogste syfer wees sedert 2005, toe 115 mense op plase vermoor is. TLU SA is dus nie verniet bekommerd oor die plaasaanvalle nie. In die lig daarvan bly dit ondenkbaar dat die minister van polisie en die kommissaris van polisie steeds nie geantwoord het op TLU SA se dringende versoek tot gesprekvoering ’n jaar gelede nie. Die laaste wat van die minister gehoor is, was ’n openbare tirade teen TLU SA enkele weke gelede tydens ’n mediakonferensie, maar waartydens hy steeds geen aanduiding gegee het van wat hy van plan is om te doen aan hierdie onaanvaarbare situasie nie,” sê Geldenhuys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wynand ·

Ons land is in sy moer,die government is so messed up ,hulle worry nie oor niks nie ,die sad ding is dat niemand iets doen oor die saak nie.hande is afgekap,

Frikkie Bodenstein ·

Wynand, nou kom ons doen iets! Ons werk aan hierdie kant om met die Vrystaatse boere te vergader, as jy dus ander boere ook bymekaar kan kry, laat my weet en ons reel ‘n vergadering iewers.
Frikkie Bodenstein
FARM EAGLES
e-mail : [email protected]

Frikkie Bodenstein ·

Plaas geweld en moorde is ‘n ontsettende tragedie! Ons harte gaan uit na die families wat daarmee moet meeding en met die nagevolge van die trauma moet deel! Ons is ‘n Aksiegroep, FARM EAGLES, wat hierdie voorvalle probeer voorkom en uitskakel deur betrokke te raak by die plaaswerkers. ‘n Opgeleide persoon met geestelike insig en konflik-hantering vaardigheid word op plase geplaas met groot sukses. God word in beHEER gePLAAS, HERSTEL vind PLAAS, en orde onder ons land se Boere-gemeenskappe word herstel! Die Woord van God leer vir ons “DIE REGERING (HEERSKAPPY) IS OP SY SKOUER!” (Jesaja 9:6)!
Ons waarborg resultate. PLAASBOERE wat geïnterresseerd is, kontak ons asb op die volgende e-pos adres: [email protected]
FRIKKIE BODENSTEIN
STIGTER : FARM EAGLES

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.