Polokwane-dubbelmoord: Vyf hoor oor borgtog

Die twee vroue wat vermoor is (Foto: Facebook)

Die Gautengse sakevrou se man en nog vier verdagtes, wat vroeër in hegtenis geneem is in verband met die moord op haar en nog ʼn vrou verlede maand, is borgtog geweier.

Thabo Stanley Leshabane (57) het Dinsdag saam met John Zulu (30), Ndondo Buthelezi (25), Bhekimeze Phiyose (34) en Thembelani Dlamini (30) in die landdroshof in Polokwane verskyn op twee aanklagte van moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Dít nadat Leshabane se vrou, Makoena Mabusela-Leshabane (46), en Tebogo Mphuti (35), ook ʼn sakevrou, op 10 Oktober doodgeskiet is waar hulle in ʼn luukse motor in die Magna Via-nywerheidsgebied gesit het. Hulle het vroeër met ʼn eiendomsagent ooreengekom om daar te ontmoet om na sakepersele te kyk.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die saak is nou tot 13 November uitgestel.

Die ondersoek duur voort.

Die moordtoneel in Polokwane. (Foto: SA Polisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Persheks Adri ·

Wragtag pragtig laat hulle sit! Sulke mense hoort nie in die samelewing nie. Daar’s mos genoeg plek in die tronk siende dat 19 000 vry gelaat is gedurende Covid. Hou net plek vir Ace ook asb

JM ·

Daar sal binnekort nog tronke gebou moet word, die plek raak min!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.