Priester aangeval en in kluis toegesluit

'n Priester is Woensdag in sy kerk tydens 'n rooftog aangeval en in 'n kluis toegesluit.

‘n Rooms-Katolieke priester, Andrew Cox, herstel tans in die hospitaal ná ‘n rooftog in sy kerk, het die Wes-Kaapse polisie Woensdag gesê.

Lt.kol. André Traut sê Cox van die gemeente in Constantia is Sondagaand in die gebou deur drie mans aangeval wat toe kontant gesteel het. Volgens IOL het Cox glo gesê hulle het die gebou se sleutels, sy huissleutels en R3 500 van die gemeente se geld gesteel. Hy is met ‘n mes in sy been gesteek en is toe in ‘n instap-kluis toegesluit. Hy is omstreeks 08:00 die volgende oggend deur ‘n administratiewe beampte vrygelaat. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.