Radiodrama herdenk die dood van De la Rey

Genl. Koos de la Rey. Foto: Argief

Genl. Koos de la Rey. Foto: Argief

Aanhangers van Koos de la Rey kan nou vir die eerste keer in klank hoor hoe die intrige rondom die laaste ure van dié bekende leier se lewe ontvou.

Maroela Media en Draadloos het, in samewerking met die bekende radiodramavervaardiger en –regisseur Bettie Kemp, ʼn radiodrama vervaardig wat die dood van Koos de la Rey vir luisteraars voor die geestesoog oproep. Die drama word op die dag van die 100ste herdenking van De la Rey se dood, 15 September 2014, deur ʼn verskeidenheid gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai. Boonop kan die drama direk op Maroela Media se webwerf ook geluister word.

Die drama speel af op die 15de September 1914, toe De la Rey in ʼn skietvoorval by Langlaagte in Johannesburg sterf. Gemoedere kook oor. Is die motor waarin hy gereis het werklik verkeerdelik aangesien vir dié van die berugte Foster-bende? Daar is hardnekkige gerugte dat dit ʼn lokval deur sy politieke teenstanders was wat van dié uitsonderlike leier ontslae wou raak. Baie het immers na hom opgesien in die onstuimige tye op die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog. Sy besonderse karakter, versiendheid en skerp strategiese denke het hom geliefd gemaak en ontsag afgedwing by vriend en vyand.

Kom luister saam na die radiodrama “By die dood van Koos de la Rey” wat dié gebeurtenis herdenk. Die teks is geskryf deur die bekroonde dramaturg Charles J Fourie, en die regisseur en vervaardiger is Bettie Kemp. Klik hier om na die radiodrama  te luister.

“By die dood van Koos de la Rey” word ook op die volgende radiostasies uitgesaai:

  • Radio Panorama: Maandag 15 September om 20:00
  • Koepel Stereo FM: Woensdag 17 September om 19:30
  • Kosmos Stereo: Maandag 15 September om 10:00
  • Radio Suid-Afrika: Maandag 15 September om 10:30 en 19:30
  • Radio Namakwaland: Maandag 15 September om 20:30
  • Radio Laeveld: Maandag 15 September om 21:00
  • Radio Pretoria: Maandag 15 September om 20:15
  • Radio Kragbron: Maandag 15 September om 20:00
  • Impala Radio: Woensdag 17 September om 13:00

Sluit ook gerus by Die Rebelle en Die Unieregering se Facebook-bladsye aan en bly daagliks op hoogte met die intrige van die Rebellie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

veronica ·

Jippieeeee! Uiteindelik kan ons kinders en volksgenote darem ook weer iets hoor en leer van ONS helde !!! Hoog tyd! Verwonder my net absoluut oor hoe: Paul Kruger, Piet Retief en ander helde, ewe skielik, uitgemaak word vir dronkaards en skelms van die eerste water!!! Word wakker Boerenasie!! Hoekom dink jy is dit so belangrik vir “hulle” om ons helde, taal en nasietrots te vernietig word? Dink! Dink! Moenie soos ‘n stommerik net alles aanvaar nie! Ons KAN die aftakeling van ons volkie nog keer, maar dan moet ons NOU hakskene in die grond slaan; VOOR dit te ver gaan!!! Hou jou taal suiwer, hou jou kultuur lewendig, wees TROTS op jou blanke vel en vertel jou kinders van ons voorouers se trots, en deursettings vermoeë! Hou moed!

Sune van Heerden ·

Dagsê Piet

Luister gerus direk op die webwerf na die radiodrama deur die speler bo-aan die bladsy.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.