Reeva Steenkamp: Gerugte oor pa se beroerte ontken

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp in gelukkiger dae. Foto: Twitter

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp in gelukkiger dae. Foto: Twitter

Die regspan van die familie van wyle Reeva Steenkamp het Vrydag gerugte ontken dat haar pa, Barry Steenkamp, ʼn tweede beroerte gehad het.

“Berigte het in sekere publikasies verskyn wat aandui dat Steenkamp se pa ʼn tweede beroerte gehad het. Die berigte is onwaar,” het die regsfirma De Villiers Inc in ʼn verklaring gesê.

The Times het Vrydag die familie se prokureur, Dup de Bruyn, aangehaal wat glo gesê het Barry het onlangs ʼn tweede beroerte gehad. “Dit was ʼn ligte beroerte, en hy het al goed herstel, maar dit is ʼn baie traumatiese tyd,” het De Bruyn glo aan The Times gesê. “Hy sien bloot eenvoudig nie kans om die verhoor by te woon nie.”

Barry het glo sy eerste beroerte aan die einde van Januarie gehad.

Reeva is verlede jaar op Valentynsdag deur Oscar Pistorius in sy huis doodgeskiet. Pistorius se verhoor begin Maandag en gaan na verwagting tot 20 Maart duur. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anita ·

As dit my kind was sou ek reeds op die moment van die MOORD ‘n beroerte/hart aanval gekry het.
Ons is siek en sat vir hierdie saak, daar is soveel ander groot sake die aandag moet kry, vergeet van hierdie man ….my opinie is en dit is van my! hy weet wat hy gedoen het, hoop boontjie kry sy loontjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.