Reserwebank-adjunkpresident bedank

Kuben Naidoo (Foto: Reserwebank-webwerf)

Kuben Naidoo, een van die Reserwebank se adjunkpresidente, het sy bedanking by pres. Cyril Ramaphosa ingedien.

Sy ampstermyn van vyf jaar sou in Maart 2025 verstryk het. Hy is een van drie adjunkpresidente by die Reserwebank.

Die president sal na verwagting binnekort ʼn plaasvervanger aanwys, aangesien daar van die Reserwebank vereis word om deurgaans drie adjunkpresidente te hê, berig News24. Aanstellings word gemaak in konsultasie met die minister van finansies en die raad van die Reserwebank.

Volgens die Reserwebank se webwerf is Naidoo ook ʼn lid van die monetêre beleidskomitee. Hy hou toesig oor die eenheid vir finansiële stabiliteit en geldeenheid wat die bank se departement ekonomiese statistieke, departement nasionale betalingstelsel, Fintech-eenheid, departement finansiële stabiliteit en departement risikobestuur en nakoming insluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Duck ·

Spring van die skip af, Titanic Reserwe bank is oppad “af bodem toe”

annie ·

Hmmm…. SA het te veel wyses sedert die Guptas benut. Waar kom hulle vandaan en waar gaan hulle heen en wat is in hul rugsakke?

Yvonne ·

Ek neem aan die EFF het n gepaste kanidaat…as die ANC dalk sukkel

Di ·

Ja ne, so verlaat die een na die ander die “sinkende skip”
Dink die spul het klaar genoeg bymekaar gemaak om oorsee te gaan bly in luuksheid terwyl die land inmekaar tuimel. Sodra die moelikheid hier gaan begin, klim hulle almal in ‘n vliegtuig en vlug oorsee met hulle biljoene

anko ·

Wonder wat gaan als aan agter die gordyne van al Staats-entiteite. Bedankings vlieg rond asof daar katte in die duiwehok los is. Verval een na die ander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.