Rooms-Katolieke priester in kerk doodgeskiet

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Limpopo het ʼn uitgebreide soektog van stapel gestuur na die moordenaar van ʼn Rooms-Katolieke priester.

Die 38-jarige priester is Woensdagoggend binne die kerk in Aquapark, Tzaneen, doodgeskiet.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het gesê voorlopige ondersoek dui daarop dat die priester ná ʼn oggendgebedsessie deur ʼn onbekende man gevolg is.

“Die verdagte het die priester twee keer in die kop geskiet voordat hy van die toneel gevlug het.”

Nooddienste en die polisie is ontbied. Die slagoffer is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

ʼn Saak van moord word ondersoek en die motief vir die voorval is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nie Verbaas ·

Kyk net na die opvolger vir sy posisie. Hulle maak mos so.

Marthinus W ·

Drie Koptiese Christene in Cullinan gedood, nou die Katolieke priester. Toevallig, of is daar n aanslag?

Dana ·

Marthinus W, my eerste gedagte toe ek die artikel wees was dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.