Rusland begin met ‘volskaalse inval’ in Oekraïne

Pres. Wladimir Poetin tydens die aankondiging van ʼn militêre operasie in Oekraïne (Foto: Handout/KREMLIN.RU/AFP)

Verskeie ontploffings is Donderdag voor dagbreek in Oekraïne se hoofstad Kiev en verskeie stede naby die veglinie gehoor nadat die Russiese president Wladimir Poetin ʼn militêre operasie aangekondig het.

Daar is ook ontploffings in die hawestad Odessa en Kharkiv, ʼn groot stad sowat 35 km suid van die Russiese grens, gehoor met polisie- en ambulanssirenes wat kort daarna weerklink het.

In Kramatorsk, ʼn frontliniestad wat dien as die Oekraïnse regering se effektiewe hoofstad vir die oostelike oorlogsone, is vier harde ontploffings gehoor asook in die oostelike hawestad Mariupol.

Oekraïne het sy lugruim vir burgerlike vliegtuie gesluit, en Dmytro Kuleba, minister van buitelandse sake, het op Twitter gesê dat sy land deur ʼn “volskaalse inval” in die gesig gestaar word.

Amerikaanse president Joe Biden het gesê “die wêreld sal Rusland aanspreeklik hou” vir sy militêre aanslag teen Oekraïne, wat volgens hom “katastrofiese lewensverlies” sal veroorsaak.

In ʼn verklaring wat uitgereik is kort nadat Poetin die begin van militêre operasies in Oekraïne aangekondig het, het Biden gesê hy sal die Amerikaanse publiek Donderdag toespreek om die “gevolge” vir Rusland te skets. Hy het die aanval as “onuitgelok en ongeregverdig” bestempel.

Poetin het gesê die militêre operasie het ten doel om separatiste in die ooste van die land te verdedig, en sy pro-Westerse buurman te “demilitariseer en te de-nazifiseer”. Volgens Poetin het Oekraïne ʼn “volksmoord” in die land se ooste georkestreer. Hy het ook uitgevaar teen Navo se aggressiewe beleid teenoor Rusland.

Oekraïense soldate
(Foto: Anatolii Stepanov/AFP)

Die Russiese president het ook onderneem om diegene “wat baie misdade gepleeg het, wat verantwoordelik is vir die bloedvergieting van burgerlikes, insluitend Russiese burgers” voor die hof te daag. Poetin het ʼn beroep op die Oekraïnse weermag gedoen om hul “wapens neer te lê”, voordat hy die versekering gegee het dat hulle “die slagveld ongehinderd kan verlaat”.

Volgens Poetin wil hy nie ʼn “besetting” van Oekraïne hê nie, maar die “demilitarisering van die land”. Poetin het hierna diegene aangespreek “wat sal probeer om met ons in te meng…”. “Hulle moet weet dat die reaksie van Rusland onmiddellik sal wees en tot gevolge sal lei wat nog nooit voorheen geken is nie.”

Navo-ambassadeurs sal intussen ʼn dringende vergadering hou oor Rusland se aanval op Oekraïne terwyl G7-leiers ook sal vergader en waarskynlik meer sanksies teen Rusland sal instel.

EU-hoof Ursula von der Leyen het Donderdag onderneem om Moskou “verantwoordbaar” te hou vir sy aanval op Oekraïne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Jean ·

Al is Rusland reg of verkeerd moet iemand wys hulle is nie bang vir die weste nie.
In oorlog gaan daar altyd onskuldige mense dood.

Kobie ·

En hoeveel van julle Pro-Putin puppets het gesê dit is alles “Westerse Histerie” ?

Rayman ·

Die media berig altyd net een kant van die storie, weet jy ooit wat regtig daar aan die gang is, nee ek dink nie so nie

Kobie ·

Wat is jou punt? Val Rusland nie huidiglik Oekraïne binne nie?

Rayman ·

Hoekom val Rusland hulle aan, daai rede sal nie deur die media bekend gemaak word nie want dan lyk die VN, NATO en al hul volgelinge soos die skuldiges dan, dus maklik om iemand die skuld te gee maar nooit sy kant van die storie sit nie

Colin ·

Kry gerus vir ons die anderkant ook. Dat ons die hele storie kan sien. SA se regering sal een of ander tyd iets te sê hê en hulle sal nie teen hul BRICS bondgenote kan gaan nie. Jammer, maar ek verkies veel eerder die VSA, VK en Europa voor ek hierdie huidige klub waaraan ons behoort ondersteun

Chris ·

Kobie, daar is nie so woord soos huidiglik nie. Die regte woord is tans.

anniekiewiet ·

Ek is al keelvol vir almal se gebruik van ‘huidiglik’ maar selfs oor die radio is dit al wat ons hoor.

piet ·

Ek probeer ook tans se maar huidiglik is uiters gewild en meeste mense praat so. Skop teen prikkels, huidiglik kan maar amptelik as ‘n erkende woord in die woordeboek opgeneem word dis reeds in die HAT.

Bertie ·

Ha-ha. Jy sal maar moet vrede maak daarmee. In die volksmond word “huidiglik al so algemeen gebruik dat dit een van die dae aanvaarde Afrikaans sal wees.

piet ·

Chris – Natuurlik is daar so ‘n woord en meeste mense praat ook so. Word nie in die Woordeboek opgeneem nie maar is in die HAT.

VaalDonkie ·

Huidiglik is daar belangriker dinge as die Huidiglik/Tans debat

piet ·

Presies. Nee, Ruland sal nooit aanval nie…..en daar slaat die paw-paw toe die fan.

Tipper ·

Poetin het klaar gewen met die mobilisering van sy magte en sy strategie, groot mond Nato se tandjies is getrek.

Raakvatter ·

Hulle het nooit eintlik tande gehad nie. Dalk bietjie net na WWII maar is nou maar net ‘n politieke speelbal. En ‘n ding van wie mag saam speel en wie nie.

VaalDonkie ·

Dis in elk geval Rusland wat die tweede wereldoorlog gewen het. Die res van die “Allieds” het maar gesukkel teen Duitsland. Dis Rusland wat pakslae uitgedeel het op die Oostelike Front. Nie dat ek bly is daaroor nie. Ek was nog nooit lief vir ‘n kommunis nie.

Colin ·

Stalin het hard gesmeek vir die Westerse Allies om ‘n tweede front oop te maak nadat Operasie Barbarossa begin het. Ook gelukkig vir hom was Hitler ‘n uiters swak militêre strateeg. As hy na sy generaals geluister het sou die Russe ‘n heel ander uitkoms gehad het.

Fran ·

Dit lyk nie goed nie. As Amerika en Brittanje betrokke raak het die wêreld probleme.

Marius ·

Dit hoe kommuniste werk. Hulle lieg oor wat werklik aangaan en dit is niks om duisende mense dood te maak om hul eie selfsugtige doel te bereik nie.

Jean ·

Ja want jy sê mos vir almal wat jy gan doen voordat jy dit doen in oorlog.

Jacques ·

Los die oom, hy lewe nog in 1980 en is nie bewus dat die Russiese Federasie ‘n demokrasie is nie.

Len ·

Dis nie “Poetin” nie – sy naam is Putin. Van wanneer af ver-Afrikaans ons name? Hoekom skryf julle nie Biden as ” Baaidin nie? of Obama as Oebaama? kom reg man.

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Wat Wou ·

Janice…… jou yster!
Meer van sulke regstellings dankie.

Twallie ·

Janice het dit gister aan my ook verduidelik, toe ek dieselfde vraag gevra het en haar verduideliking maak sin.

Direkte veratling uit hul alfabet.

Annelize ·

Nou gebruik dan die standaard engels wat die wereld kommunikasie medium is.

Marisa W ·

Dis mos ‘n Afrikaanse webblad met Afrikaanse beriggewing hierdie…?

piet ·

Len – jy het ‘n goeie punt daar beet. Dan moet jy Engelse en ander tale se name ook “Verafrikaans”.

Johan D ·

Klink of jy meer oor spelling bekommerd is as wat nou in die Oekraïne aan die gang is!

Lynette ·

LEN, nou is jy stil? ‘n Apologie sal darem effens vir jou bombastiese aanval kompenseer.

Kokerboom ·

Magsiek mense is ‘n gevaar vir wereldvrede. Hoe kry hul dit reg om hul volk so te oordonder sonder gevolge?

A ·

Ek kannie wag vir die Maroeliete om vir ons te verduidelik hoe hierdie eintlik die Amerikaanse Demokrate se skuld is.

piet ·

Seker weer Biden se skuld omdat hy gewaarsku het dis wat gaan gebeur.

Twallie ·

Sal nie se dis hul skuld nie, maar as jy gaan kyk na die geskiedenis het Putin net hierdie kanse gevat wanneer daar ‘n papbroek in die withuis gesit het.

Hy het nie sulke streke probeer toe Trump aan bewind was nie.

En Biden is ‘n papbroek wat ne eers ‘n sin aanmekaar kan vleg nie.

Twallie ·

Glad nie. maar die feit dat hy met een voet in die graf en die ander op ‘n piesangskil staan, het Putin aangemoedig.

Kenny ·

“Putin is now saying, ‘It’s independent,’ a large section of Ukraine. I said, ‘How smart is that?’ And he’s going to go in and be a peacekeeper,” Mr. Trump said. “That’s the strongest peace force I’ve ever seen. There were more army tanks than I’ve ever seen. They’re going to keep peace, all right. No, but think of it. Here’s a guy who’s very savvy.”

Ek twyfel sterk. Met Trump aan bewind sou Ukraine al in groter moeilikheid gewees het.

VaalDonkie ·

Oukei: NAVO het ingemeng in Oekraine se verkiesing en dis waar hul huidige pro-NAVO president sy pos gekry het. Nou gebruik NAVO hom as ‘n pop om Rusland te terg. En lyk my Rusland het nou genoeg gehad.

Ek hoop net die onskuldiges word gespaar en wie ookal skuldig is kry goed op hul gesamentlike herrie.

Twallie ·

Wel, as jy na die tegniese aspekte kyk, was dit goeie tydsberekening.

Ek is seker dis wat Oros bedoel het. Geen normaal denkende mens sal oorlog as genius beskryf nie, so ek dink sy observasie was objektief.

Anton ·

Hy het gesê dat Putin sy troepe “peacekeepers” noem genius is

piet ·

Trompetter is geen normale denkende mens nie. Hy is bekend vir sy twakpraatjies. Swakste president in die geskiedenis van die VSA en ook die ongewildste.

Martin ·

Hedendaagse politici neem somtyds besluite sonder inagneming van burgerlike lewens, die besluite lei gewoonlik tot gewapende konflik. Die politici weet nie hoe dit voel om betrokke te wees in gewapende konflik nie en weet nie hoe dit voel om op geskiet te word of honger en vuil koud te slaap in die nag nie want hulle slaap onder hulle wit lakens en staan op om besluite te maak die volgende dag. Paar jaar later gee almal drukkies en soentjies en skryf almal boeke en maak nuwe Hollywood flieks oor wat gebeur het! Die weste kan ongelukkig nie direk betrokke raak hier nie want dan gaan dit chaos veroorsaak omdat China en Noord Korea klaar kant gekies het… Beste is maar om Proxy oorlog te voer soos wat Engeland en Amerika tans doen in Oekraïne want dit is “aanvaarbaar” – ‘n gevolmagtigde oorlog is mos draadsitter oorlog want jou hande is skoon terwyl ander mense oorlog voer met jou wapentuig.

Marthinus W ·

Die oorlog in Angola was ook n proxy-oorlog; ons namens Amerika, Angola (MPLA) namens Sowjetunie. Maar Amerika het ons toe in die rug gesteek, en nog die vermetelheid gehad om sanksies teen ons in te stel. John Stockwell was die CIA agent wat die proses moes begin. Hy het n boek, In search of enemies, daaroor geskryf.

007 ·

Moenie worry nie Ukraine die SANW sal julle kom help. Ons het die beste weermag in die hele SA. Ons kan enige land stuit veral Rusland.

piet ·

Die SANW kon nie eers 3 Russiese MiGS, ‘n paar Kubane en ‘n paar Russiese pilots behoorlik 40-jaar terug keer nie. Die spulletjie het ons jare besig gehou. Ek was ook deel gewees van die weermaggie wat toe op die ou end glad nie so wonderlik was nie. Eintlik net ons tydgemors.

Smurf ·

Amerika sal betrokke raak….het nog altyd oral ingemeng ….so ook Brittanje.

Jean ·

Hulle “inmenging” is sanksies. Het hulle ingemeng met “israel vs palestine”

Chris ·

Die wêreld het gewag vir die regte oomblik. Die VSA wat feitlik net in naam bestaan is op hul eie missie. Die Sjinese hoef nie ‘n skoot te skiet nie, hulle beheer reeds groot dele van die wêreld. Jy sal nie ‘n woord uit die Sjinese hoor van die “aanval/binneval” van die Russe nie. Noord Korea sit nou doodstil. Hulle irreteer net die VSA, maar sal nie dieselfde kaskanades met die Russe of Sjinese probeer nie. Ek is nogal nie verbaas nie. Die VSA se rol as die westerse grootboet het nou groot skade opgedoen. Met ‘n bevolking wat ‘n imbessiel van ‘n “president” het gaan niemand hulle mos nou aan die obese Coca Cola Hamburgers kultuur manne steur nie. Hier kom ander tye. Dit moes kom.

Groen Ghoen ·

Jy het die antwoord, Chris. Rusland het tot vervelens toe met die VSA en NAVO probeer onderhandel om hul magsopbou in die Ukraine te staak. Die president van Rusland moet sy bevolking se veiligheid verseker. Hier kom dalk groot probleme, met veral olie, graan en sonneblomolie wat baie duur gaan word.

Andre ·

As Nato so teen hul eie belofte van 1990 aanhou uitbrei na die Ooste sal iemand iets doen daaraan.

piet ·

Waar’s die trompoppies wat net ‘n paar dae terug gese het Rusland sal nie aanval nie. Hoe dan nou?

Twallie ·

Ek het geweet hy gaan. Alles het daarop gedui.

En ons weet hy het geen respek vir Biden nie, want Biden is ‘n papbroek wat skaars nog asemhaal en nie kn funksioneer of ‘n besluit neem sonder die mal Lefty’s se goedkeuring nie.

Hy is net ‘n president in naam, die besluite word op ander plekke geneem. Sal my nie verbaas as hy toegegee het aan die ver linkses se toegewings nie, net solank hy kan se hy was president. Hoekom was ‘n sterker persoon soos Tulsi Gabbard nie hul kandidaat gewees nie? Want hulle kon haar nie beheer nie.

Swakste president in die geskiedenis van die VSA, en die wereld se malletjies gaan dit uitbuit.

piet ·

Die Republikeine kon gewen het maar toe sit hulle met Trompetter. Hoop hulle het hul les geleer.

Twallie ·

Daar sal ek met jou saamstem.

In my opinie was Ted Cruz ‘n baie beter opsie.

Trump het baie vermag, ek sal hom dit gee en deurgevolg op sy beloftes, wat baie min gebeur, maar sy mond en ego was net te groot.

piet ·

Ek dink nie hy het baie vermag nie, baie meer skade gedoen deur hordes die harnas in te jaag. Baie ongewild gewees.

VaalDonkie ·

Hy het nie Oekraine binnegeval nie. Hy beskerm die twee jongste republieke in die wereld met sy vryheidsmagte.

Nee ek grap net. Ek het nie gedink dit sou gebeur nie. Maar duidelik het Putin gesien dis al uitweg. Ek is nie besonder opgewonde hieroor nie.

Cherokee ·

Dit mag uitloop op ‘n wêreldoorlog net na (of tydens} die realiteit van Openbaring 13.

piet ·

Nog ‘n teken so gou na die Covid-merk? Ons kry nou baie merke……

marius ·

Los hulle uit . Niemand het iets gese toe die britte Suid Afrika ingeval het nie . Dis hulle eie probleem .

Rooikoos ·

Die Boere het darem baie hulp uit ander oorde, soos Finland byvoorbeeld gekry.

Smiley ·

As ek my geskiedenis nie te ver verkeerd het nie het boere republieke ook van rusland hulp en vegters ontvang.

annie ·

Nee, gee die waarheid weer. Poetin het nie die Oekraïene ingeval nie. Hy verdedig grensgebiede waaruit duisende mense na Rusland stroom. Groot show deur die akteur-kits-presidentjie… Om self ‘n bommetjie iewers te ontplof is maklik. Die wit helmitte het lekker gespeel in Sirië. Rusland word getart om in te gryp. Daar is altyd ‘n waarheid… ‘n anti-held wat maak of hy die ware Skim is of ‘n 000 wat droom hy is 007.

Keelvol ·

Biden het nie die reg om vingers te wys nie…… Amerika het presies dieselfde in Vietnam & Irak & Afghanistan gedoen.

Marthinus W ·

Die lys is verby 50. Lees William Blum. (Gratis op internet archive)

Tiaan ·

Niemand praat regtig oor die arme mense wat in Donetsk en Lugansk woon nie, hulle kan nie met Oekraïne vereenselwig nie en het onafhanklike republieke gestig, hulle het die wapen opgeneem vir hierdie doel. Hulle taal word ook onderdruk deur die regering. Dit laat dink my so aan die Boere se geskiedenis. Rusland is die enigste land wat ingryp om hierdie republieke by te staan.

Di ·

Wag dat ons kommunistiese regerings ook hulle hier inmeng! Hulle wil altyd oral inmeng maar intussen is ons eie land ‘n rommelhoop. Wereld het ook druk op SA uitgeoefen tydens apartheid om die land oor te gee en kyk wat is die gevolge!!!!!!!!!

piet ·

Hierdie pro-Russiese gesindheid van sommige regse Maroeliete (trompoppies) is vir my ‘n interessante storie. Mens kan ‘n doktors-tesis hieroor skryf.

VaalDonkie ·

Weet jy, ek is nie rerig pro-Rusland nie. Ek is anti-globalisme (ek weet rerig nie wat die Afrikaanse term is nie, sorry). Rusland het nog nooit probeer om homoseksualiteit aan my kinders te bemark nie. Hulle het ook nog nooit getraai om my te laat blare en insekte vreet oor beeste metaangas vrylaat nie. So ek sit maar en kyk wat gebeur en hoop my Christen broers en susters is veilig terwyl die wereldmagte met mekaar skoorsoek.

Smiley ·

Ek glo iemand sal kan doen ja. Maar nie jy nie. Die byvoeglike naamwoorde waarmee jy mense beskryf maak dit vir my baie duidelik.

Nols ·

Ek verstaan dat lande se name anders is in verskeie tale, maar is dit in joernalistiek aanvaarbaar om mense name te ver-Afrikaans? Poetin? Wladimir? Dis mos nie sy regte name nie. Hoekom dan nie verwys na Juikib Zoema of Sirrel Ramapozza nie?

Annelize ·

Vergewe my dat ek inteken net om gal te braak uit frustrasie…..elke keer as ek n berig lees (of te wel kommentaar) en ek sien mense se spelling ….as ook die direkte gebruik van engelse woorde – wat dan as swak afrikaans “uitgespreek” word, mense REGTIG! die man se naam word Vladimir Putin – gespel! Spel reg, ons is nie SO agterlik nie.

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Lees gerus hier vir verdere inligting: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/taalgebruik/hoekom-in-afrikaans-poetin-en-nie-putin/

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Jean ·

Duidelik lees jy nie almal se kommentaar nie, Maroele het ‘n lang verduideliking oor hoekom dit Poetin is.

Jr ·

Natuurlik sê Suid Afrika. NEE DIE cANCer society sê niks want dis hulle meesters

FrikkievV ·

Hoekom noem julle hom Poetin? Sy van is nie anders in AFRIKAANS nie maggies!

Martin ·

Ons regering in SA is tjoepstil soos muise – ek onder wat is ons regering se reaksie hierop en wie ondersteun hulle, vir Rusland of Oekraïne ? Ek sal bitter graag wil weet maar ek dink ons almal weet wat die antwoord is…

piet ·

Pandor het gese; “Let’s not blame anyone”. So wil nie kant kies nie.

Marthinus W ·

Op 24 Maart 1999, het Navo begin om Serwie te bombardeer; die bombardering het vir 78 aaneenlopende dae geduur, en menige sivieles is gedood. Navo het Joegoeslawie as soewereine staat vernietig en opgebreek, en dieselfde met Libie gedoen. Vandag moet ons hoor Navo is n “vredesorganisasie”. Hulle het in Georgie gaan moeilikheid soek en dit gekry, en nou is Oekraine volgende.

nikkel ·

Hierdie gaan oor ‘n grensdispuut in die suid-ooste van die Ukraine waarby Russiese separatiste wat in die Ukraine woon betrokke is.
Ek dink dat die issue baie meer kompleks is as wat ons glo.
Ek glo nie Putin stel belang om die Ukraine oor te neem nie.
Hy wil die issue in die Suid Ooste van die Ukraine besleg.
Die Weste moet nie goed net bloot afleidings moet en dan oorreageer daarop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.