Rustenburg: 1 vas oor aanranding; nog huise beset

Die beweerde aanranding in Rustenburg. (Foto: Skermgreep)

Een persoon is in hegtenis geneem in verband met die beweerde aanranding van Henry Holsthyzen (48) wat vroeër probeer verhoed het dat vermeende onwettige besetters toegang tot ’n leë mynhuis in Rustenburg in Noordwes kry. Holsthyzen is in die proses glo met voorwerpe soos ’n graaf en ’n leer aangerand. Intussen is nóg ʼn mynhuis in Rustenburg onwettig beset.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ’n 36-jarige verdagte is Vrydag in hegtenis geneem op aanklagte van aanranding.

Volgens Mokgwabone kon die verdagte weens die Covid-19-pandemie egter nie in die hof verskyn nie en is intussen vrygelaat en gewaarsku om op 27 Oktober vanjaar in die hof te verskyn.

Maroela Media het vroeër berig verskeie mynhuise in Rustenburg word glo onwettig beset. Woonbuurte soos Proteapark, Ooseinde en Geelhoutpark word skynbaar geteiken.

Johan Cronje, ’n DA-raadslid in Rustenburg, het Maandag bevestig dat onwettige besetters oor die naweek op nóg ’n mynhuis toegeslaan het. Hierdie keer in Olienhoutlaan terwyl ’n vrou besig was om in die betrokke huis in te trek.

Volgens Cronje het die besetters die vrou gekonfronteer en gesê die betrokke huis is geoormerk vir besetting. Die vrou is nie in die voorval beseer nie.

(Foto: ANA)

Cronje verduidelik dat mynhuise reeds vanaf einde November in Rustenburg beset word. Mynhuise in die ooste en noorde van die dorp (wyk 18) is aanvanklik geteiken, waarna wyk 16, waar Cronje ’n raadslid is, vanaf middel Februarie begin deurloop het.

Volgens Cronje is minstens 144 mynhuise in die dorp tot op hede onwettig beset. Dié mynhuise behoort almal aan drie verskillende myne in die omgewing van Rustenburg.

Hy verduidelik dat die dorp se raadslede die onwettige besettings by die owerhede kan aanmeld,  maar dat hul hande verder afgekap is. “Dit is ʼn probleem. Dit skep ’n gevoel van onveiligheid onder inwoners en saai paniek onder gemeenskappe. Dit plaas ook baie druk op raadslede. Ons vrees vir ons gemeenskappe.”

Een van die myne het verlede week ’n dringende uitsettingsbevel bekom teen die onwettige besetters in een van sy leë mynhuise. Die besetters was toe genoodsaak om Vrydag uit die huis te trek.

Maroela Media verneem dat die betrokke myn beplan om nog ’n uitsettingsbevel vir nog twee van sy mynhuise te bekom en dat ander mynhuise glo soortgelyke optrede beplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Michael 1 ·

Watter regstelsel,van die polisie tot die howe is verrot en nou begin anargie toeneem.

Mariana ·

Hulle word toegelaat om te doen wat hulle wil, geen regstel, geen wette, geen regulasies sal hulle keer en die regering keur als goed deur hierdie goed te ignoreer, deur valse beloftes tydens verkiesings. Ek keur sulke besettings ten sterkte af maar kan ook insien hoekom hulle doen wat hulle doen. Die mense soek seker ook nou maar net wat hulle belowe is. Hulle gee nie om aan wie die huise behoort nie, hulle vat net wat die ANC hulle belowe het. Moeg gewag…..en boonop is als mos eenvoudig mahala, gratis en verniet.

Ano ·

Dit gaan definitief nie oor beloftes wat die regering gemaak het nie.

Die grootste fout wat ons kan maak is om toegewings te maak vir hoekom wetteloosheid geregverdig kan word. Deel daarvan om in ‘n beskaafde demokratiese land te woon, is om wette te gehoorsaam ongeag wat politici belowe het en of mens verontreg voel omdat jy nie jou sin gekry het nie.

Die spul weet dat hulle onwettig optree so daar is absoluut geen regverdiging daarvoor nie.

Kobus2 ·

Ja, Emily maar in die sirkus word die narre nie astronomiese bedrae van ons belastinggeld betaal nie!!!!!!????

Pampoen ·

Miskien kan die myne toesien dat die huise nie leegstaan nie.

Magda ·

Weet daar is n Wet wat net mooi niemand ooit volg nie – hulle beset onwettig, verwyder hulle onwettig. Hoekom moet ander mense die WET volg en die klomp maak net wat hulle wil. Verwyder hulle op dieselfde manier as wat hulle die huise onwettig beset het – onwettigge verwydering. Dan sal ons sien of die onbevoegde, terroriste , kommuniste gemors gaan wakker skrik. Dis tyd om hulle diesselfde manier te behandel as wat hulle so lekker uitdeel. VERWYDER HULLE ONWETTIG – DIESELFDE MANIER AS WAT HULLE DIE HUISE BESET HET – ONWETTIG.

Herman ·

Die polisie kan nou nie hulle taak om die sigaret handel stop te sit en te kyk vir strokies stop te moet sit en regte misdaad en onwettige huis besettings ook te moet aanpak. Dis helemal te veel werk. Cele het gese hulle moet die rokers opcheck en die weermag die drinkers. Die weermag werk van 1 junie net 2 dae n week

Genis ·

Die hele land is in sy kanon in met die cANCer.. dis belaglig hoe min eindom en lewens werd is.. so word alles verwoes, en die kriminele kry meer en meer regte… Geluk Ramapadapot, jy en jou kaders slaag in julle aanslag…

Kobus2 ·

Ja, reg! Die verdagte is gewaarsku om op 27 Oktober in die hof te verskyn??????? Wie stem saam dat 2+2= 5.4??????? Ek glo vas hierdie “burgers” is nie van SA nie, maar van ander lande waar die owerhede met geweld teen hulle optree en nie soos hier in SA in wattetjies toegedraai word nie.

Jaco ·

dit moet maar net aanvaar word. dis die begin van die nuwe “normaal”. besettings is ok, aanranding van wit mense is ok, wit mense wat nie mag kospakkies kry nie is ok. ens ens ens.
Regstellende aksie en BEE is lankal ok. So sal dit net erger raak.

Fedup ·

That one will never be seen again. It’s a case off; you have been naughty, now you are on a time out. Goodbye. What a freaking joke this country and justice system have become.

Michael 1 ·

5 kriminele rand die man en sy hond aan en een word gearresteer waar is die trio taakmag kundige spesialiste nou of is hulle taak om die wetsgehoorsame burgers te terroriseer wat dalk n sigaret rook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.