SAKP besorg oor menseregte in Zimbabwe

640px-Zimbabwe

Zimbabwiese vlag Foto: Neelix, Wikimedia Commons.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het sy kommer uitgespreek oor die verslegtende toestand in Zimbabwe wat betref ʼn staking deur dokters en onderdrukking van mense- en demokratiese regte.

Die beweerde ontvoering en marteling van dr. Peter Magombeyi, leier van die doktersvakbond, en ander metodes om die staking tot ʼn einde te bring “word ten sterkste veroordeel,” het die SAKP Saterdag in ʼn verklaring gesê. “Minstens 50 ander aktiviste is glo ook die afgelope paar maande ontvoer en gemartel.”

Die toestand van dokters en ander afdelings van die Zimbabwiese samelewing verslag “weens wanbestuur en sanksies wat eensydig toegepas word deur die VSA en van sy vennote in die Europese Unie”.

Die SAKP versoek dat die sanksies onmiddellik opgehef moet word, maar daar moet tegelykertyd ook ʼn einde kom aan die onderdrukking van mense- en demokratiese regte van burgers en ʼn proses van ʼn werklike nasionale dialoog om langdurige oplossings te vind vir die ekonomiese ineenstorting en politieke agteruitgang in die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hans ·

SAKP het nie dieselfde besorgdheid oor menseregte in SA nie?
Daar is Engelse uitdrukking – “charity begins at home”?

Hans Haggard ·

Was hulle nie deel van die prys en lof sange vir die man wat veantwoordelik was vir die toestand daar nie?? Ek verstaan nou nie hulle besorgheid nie. Hulle prys dan Mugabe vir sy wat hy in Zim gedoen het.

Dr Phil ·

Verstaan ek nou reg: ‘n KOMMUNIS besorg oor menseregte??

En die maan is van blou kaas gemaak….

Jan pierewiet ·

Sê ons regerende aliansie vennoot in die demokratiese land van ons dat hulle bekommerd is oor ons bure? Wat gebeur hier anders?

Aai Toggie ·

Stem.
Ons kan nie eers ons eie Hospitale onderhou nie en moet Ops kanselleer.
Wat van ons menseregte.
Hulle moet hul koppe laat lees en weer dink.
Aai Toggie

sweis ·

Maar hulle is nie besorg oor die wit minderhede in suid afrika wat teen gediskrimineer woord deur wetgewing soos bee,kwota,regstellende aksie na 25 jaar van sogenaamde demokrasieë nie,ek sal graag wil weet hoekom?

Koos de Meyer. ·

Die klomp hier is te dom om te sien wat het van Zimbabwe geword na hulle sogenaamde bevryding. Kyk hoe gaan dit nou. ‘n Eens vlorerede land in die afgrond in. En ons is op pad.

Ronel ·

Ja right ???? Al jare besig om hier dit te doen, maar hence bekommerd oor n ander land? Seker erg as moord, doodslag, ontvoering ensv plaasvind en jyt nie deel daarin nie terwyl dit n voorliefde is. Iemand soek seker aandag ????????????

Nel ·

En die spreekwoordelike pot verwyt die ketel omdat hy swart is.

Gert ·

Die huidige situasie in Zimbabwe is die direkte gevolg van kommunisme, en is vir ons ‘n venster na die toekoms, dis ons voorland.

Rinkhals ·

Maar Zim is dan die SAKP/ANC/EFF/BLF se ideale voorbeeld van “economic freedom in our lifetime” hoe kan ‘n klein irrelevante probleempie soos menseregte nou die Afrika showpiece omver gooi ??

Susna ·

Stem 100% met jou saam Rinkhals. Van wanneer af is n kommunistiese party bekommerd oor menseregte? Siestog nou word sanksies blameer, dit is mos waarvoor daar gevra was deur te verkondig dat die Westerse lande nie in hulle sake moet inmeng nie.

lewies ·

Moenie nou kla nie, julle het hierdie mense verkies, pluk julle maar die vrugte wat ‘n naam het. “KORTSIGTIGHEID”

Hanna Hoekom ·

Amper verstik ek nou in my koffie: die kommuniste is bekommerd oor menseregte? En dit nogals Suid-Afrikaanse kommuniste! Nou word sanksies deur die VSA en EU weer geblameer. Ag komaan, dis nie sanksies wat mense verniel en onderdruk nie, dis die land se regering! Nare Bob het mos altyd duidelik gemaak dat “sy Zimbabwe” nie die Weste nodig het nie. Nou hoe nou?

Theoman ·

Hahahahaha dis om van te lag, julle klomp onosele kommies is verantwoodelik vir die gemors hier en daar nou ewe skielik is julle besorg oor meseregte, realy!!!!!!

m ·

Kommies kry vir jou, dis hoe dit lyk as ‘n land regeer word volgens julle mantra!! En as ou Bob so ‘n goeie leier was, dan was daai stadion stampvol mense nie 3 kwart leeg nie!!

Hansmyt.eeiskoud ·

Dis dan SACP beleid wat dit veroorsaak het!
Dom prulle!

Christa ·

Zim is steeds nie beteraf vandag Mogabe se opvolger regeer nie. Dit Gaan net aan Waar dit beeindig is. SA Sal dieselfde paadjie loop.

Domvraag ·

Hulle was nie bekommerd toe Zimboere geweldadig van hul plase afgejaag is nie. Hulle was en is nie bekommerd oor vergrype in SA nie?
Hulle staan dan n beleid voor van vergrype en miskenning van menseregte?

Francois ·

Kommunisme and menseregte is nie juis versoenbaar nie. Trouens alle mensgemaakte stelsels, praktyke en tradisies is die mensdom se eie grootste vyand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.