SAPD behaal sukses in Wes-Kaap

Foto: SAPD

Polisiebeamptes en soldate het binne 24 uur op die Bishop Lavis-gebied in die Wes-Kaap toegeslaan en selfs ʼn Oryx-helikopter is tydens die operasie ingespan.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die operasie het Dinsdagoggend omstreeks 10:00 afgeskop en voortgeduur tot Woensdagoggend om 10:00. Beamptes van Bishop Lavis-polisie, die Weermag en ander wetstoepassers het aan Operation Lockdown deelgeneem.

“Inligting is bekom oor dwelmhandel in Valhalla Park en beamptes het dit opgevolg. Daar is beslag gelê op dagga, 18 halwe Mandrax-tablette en ʼn onbekende bedrag kontant by die perseel in Agnesstraat,” het Van Wyk gesê.

ʼn 42-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel. Hy sal na verwagting binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Sakke dagga is ook verlate gevind toe beamptes uit die helikopter naby Keurbergweg in Bishop Lavis gespring het.

Altesaam 209 Mandrax-tablette, met ʼn geraamde straatwaarde van R9 405 en ʼn .38-rewolwer is Woensdagoggend opgespoor in ʼn voertuig wat ná ʼn hoëspoedjaagtog met beamptes van die Maitland-blitspatrollie verlate gelaat is. Niemand is nog in verband hiermee in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SjN ·

Goeie werk, seker een van die laaste operasionele magsvertoon helikopter gewees.

Clipper ·

Ek sien niks sukses hier nie. Net n klein hoeveelheid dwelms en 1 man in hegtenis. Klink vir my na 12 ure se tydmors

Christo ·

……en ‘n gratis vliegrit in ‘n helikopter vir die ouens – gelukkig het hulle darem ‘n vlieenier gehad, hahahaha

Miss Julia ·

Ek stem saam klink na n mors van tyd ek lees net van een man wat in hegtenis en nog moet verskyn in hof wat dan vrygelaat gaan word om maar net weer dieselfde te gaan doen

Baardman ·

Ag tog kom aan niks is vir julle goed wat die polisie en weermag doen nie.

Jorrie Jordaan ·

Finansieel duur operasie vir so klein ontdekking. In ag geneem onderhouds kostes van Oryx/ uur dan is eintlik niks bereik nie. Klein drug fonds !

Jim ·

Johnny, sodat daar nog n advokaat per ongeluk in n hof geskiet kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.