Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut doen tweede inname in versorgingsopleiding

Foto ter illustrasie. (Foto: iStock)

Wil jy ʼn versorger word? Om ʼn versorger te wees, is ʼn roepingsgedrewe beroep. Dit verg dat jy jou naaste sal dien met liefde, versorg met jou hande, help met jou kennis, en troos met jou bystand. Op 20 Junie 2023 begin ʼn tweede groep studente met die kursus in versorging by Solidariteit Helpende Hand se Opleidingsinstituut in Pretoria, en jy kan een van hulle wees!

Die QCTO-geakkrediteerde versorgingskursus duur ses maande en bestaan uit teoretiese modules wat by die Opleidingsinstituut se Pretoria-kampus aangebied word, praktiese sessies in ʼn simulasie-laboratorium en indiensopleiding by geïdentifiseerde instellings in die omgewing. Ná afloop van die kursus kan jy as tuisversorger of versorgingshulp deur tehuise of residensiële instansies in diens geneem word of privaat werk onderneem.

 helpende-hand-opleidingsinstituut-studente.jpg

Versorgingstudente tydens opleiding by die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut in Pretoria. (Foto verskaf)

Die Opleidingsinstituut bied ook buitekurrikulêre modules aan wat studente nodig het om gehaltesorg en persoonlike ontwikkeling te verseker. Dit sluit in kommunikasievaardighede, konflikhantering en veiligheidsmaatreëls.

Afgestudeerde studente getuig soos volg oor die positiewe uitwerking wat die opleiding op hulle gehad het:

“Die kursus het vir my nuwe deure oopgemaak en dit beteken dat ek ʼn goeie beroep kan betree. Gedurende die kursus het ek as mens ook ontwikkel en geleer waar om my vaardighede toe te pas. Ek het gedurende die opleiding mense ontmoet wat my gehelp het om ʼn beter mens te word,” sê Charlotte Ferera.

helpende-hand-opleidingsinstituut-pretoria-kampus-002.jpg

Die Pretoria-kampus van die Solidariteit Helpende Hand Opleidingsinstituut. (Foto verskaf)

“Die kursus het baie vir my beteken. Ek het ʼn verskil in iemand anders se lewe gemaak en langs die pad het ek ook lewenslange vriende gemaak. Die positiefste ding wat ek ervaar het, was die vreugde wat die ouer mensies ervaar wanneer hulle ʼn mens sien en die liefde wat hulle het om te gee,” sê         El-rina Buys.

“Die kursus het my van ander mense in my gemeenskap se behoeftes bewus gemaak en hoe ek ʼn verskil in hul lewe kan maak. Dit het my as persoon ook laat groei. Ek het nou meer selfvertroue en my kommunikasievaardighede en uithouvermoë het ook verbeter,” sê Enrike Lambrechts.

Die versorgingskursus kos R10 000. Die Solidariteit Helpende Hand Studietrust stel ʼn beperkte aantal rentevrye studielenings beskikbaar vir kandidate wat tot die kursus toegelaat is, maar dit nie kan bekostig nie. Aansoeke vir die kursus sluit op 12 Junie.

Indien jy jou roeping wil uitleef deur ander te versorg, skryf nóú in deur ʼn e-pos te stuur na [email protected] of besoek ons by www.helpendehandopleiding.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.