Solidariteit: ‘Eskom tariefaankondiging broodnodig vir vuisvoos verbruikers’

Foto: GCIS

Die vakbond Solidariteit het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se aankondiging van ʼn laer elektrisiteitsverhoging, verwelkom.

Nersa het gister bekendgemaak hy het ’n gemiddelde tariefverhoging van 16% goedgekeur. Daar is aanvanklik goedkeuring gegee vir ʼn verhoging van 25,9%. Volgens Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, is dié laer as verwagte tariefverhoging broodnodig vir vuisvoos verbruikers. Buys het egter gewaarsku dat verbruikers steeds groot uitdagings in die gesig staar. “Hoewel die laer as verwagte elektrisiteitstariewe goeie nuus is, gaan ʼn 16%-styging steeds druk op verbruikers se sakke plaas. Daarbenewens gaan stygende vervoerkoste weens stygings in brandstofpryse en die omstrede e-tolstelsel in Gauteng verdere druk op verbruikers se sakke in 2012 plaas,” sê Buys. Die verhoging sal van 1 April van krag wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.