Speaker deel van taakspan oor Rusland-Oekraïne-konflik

Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Argieffoto: GCIS)

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, neem tans deel aan ʼn ses dag lange diplomatieke skakeling in haar kapasiteit as ʼn lid van die Interparlementêre Unie (IPU) se taakspan oor die Rusland-Oekraïne-konflik.

Die IPU is ʼn internasionale organisasie van nasionale parlemente wat diplomasie fasiliteer.

Die taakspan van nege lede is in April 2022 aangestel en sal in gesprek tree met die parlemente van Oekraïne en Rusland om ʼn algehele skietstilstand te bereik en om by te dra tot maatreëls wat kan lei tot langtermyn oplossings en die organisering van humanitêre bystand.

Die reis volg ná ʼn uitnodiging deur die parlemente van Oekraïne en Rusland en sluit ʼn vriendskaplikheidsbesoek in aan die speaker van die Poolse senaat in Warskou in voor die taakspan vandeesweek na Kiëf en Moskou reis, sê Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement.

Die konflik tussen Rusland en Oekraïne vorm deel van die nood-items wat in Maart tydens die IPU se 144ste vergadering bespreek is. Die debat het gelei tot die aanvaarding van ʼn resolusie om ʼn IPU-taakspan aan te stel om in gesprek te tree met die parlemente van albei lande en om kragte te snoer met ander bemiddelingspartye om ʼn einde te bring aan die konflik.

Die taakspan het reeds vier beplanning- en voorbereidingsessies gehou voor die geskeduleerde gesprekke met die twee lande.

“Speaker Mapisa-Nqakula het haar optimisme uitgespreek dat die huidige pogings van die IPU tot ʼn skietstilstand sal lei; dat die gaping tussen die twee lande vernou sal word; en dat ʼn omgewing geskep kan word waar ʼn ooreenkoms onderhandel kan word om vrede tussen Oekraïne en Rusland te bewerkstellig.”

Die IPU-afvaardiging staan onder leiding van die president van die taakspan dr Ali Rashid Al Nuaimi, IPU-adjunkpresident en lid van die Federale Nasionale Raad van die Verenigde Arabiese Emirate. Deelnemende taakspanlede sluit in speakers van die parlemente van Namibië, Suid-Afrika en Uruguay, en LP’s van Indonesië, Israel en Kazakstan.

Mapisa-Nqakula het haar kommer uitgespreek oor die lyding wat die voortgesette konflik veroorsaak vir albei lande en talle ander lande in die wêreld wat negatief geraak word deur die afname in basiese huishoudelike voorraad en stygende kospryse.

Sy sal na verwagting op 16 Julie 2022 na Suid-Afrika terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Onbesmetlik ·

Hoe op aarde kan hierdie persoon deel wees van die sg. onderhandelinge. Haar President het hom mos klaar by Rusland geskaar. Hulle oorskat hulle invloed heeltemal en intussen is hulle eie land in die modder ingesleep deur hulle oneerlikheid, diefstal, korrupsie en onbeskryflike onvermoë om die Administrasie van die land te beheer.

Anel ·

O, genade tog! Wat het hulle gedink? Kan nie eens die konflik in ons eie land oplos nie, maar wil ‘n volskaals oorlog in ‘n ander land tot ‘n einde bring!!! As dit nie so tragies was nie, sou mens srker kon lag!!!!

SjN ·

Die kaders kan nie eers hul eie verpligtinge en take uitvoer nie. Wat n verleentheid om n eens vooruitstrewende land tot rommelstatus te plunder. Geen skaamte.

Harley Davidson ·

Hulle kan nie eers misdaad voorkom in hulle piesang Republiek nie nou wil hulle weer neus insteek by dinge wat hulle nie aangaan en waar hulle reeds gefaal het deur om die aggressor Rusland te steun .

Johann ·

Ons kan nie eers die ligte aanhou nie maar ons wil ‘n oorlig gaan stopsit? Ek kan nie asemhaal soos ek lag nie………

KatjieDeKat ·

Ons is deel vd BRICS lande, wat Rusland insluit. So ja, dis seker nie heeltemal onvanpas om n eiertjie te le nie maar Suid Afrika se regering moet ook onthou: SA is die mins produktiewe en suksesvolle land van daardie vyf. En SA is, agv die ANC regering, nie veel meer as n verleentheid as staat nie. Ons moet geseend en bevoorreg voel dat ons in die eerste plek ingesluit is. Ons taakspannetjie moet maar net liewer een of 2 neutrale stellings maak en verder stilbly. Wanneer dit by BRICS kom, is SA die jongste tiener om die tafel met veel ouer, wyser en Duisend Maal meer suksesvolle volwassenes. Selfs ouboet Brasilië is nie so n verleentheid soos SA nie.

Miena ·

ek wonder net of hulle dalk erens tydens al die sittings en gesprekke ook “Shutup – sit down young one or get out” aanhoor?

Gerrie ·

Die Russiese regering moes lankal as ‘n misdaad teen die mensdom verklaar gewees het.

Andre ·

Jy lewe drie dekades in die verlede. Vind eerder uit wat beheer die wêreld in alle magsposisies.

TO ·

Wat ‘n grap. Julle kannie die misdaad, plaasmoorde, water krisis, krag krisis, diefstal, fraud deur julle self, in Suid Afrika eens hanteer nie, maar nee julle gaan flenter rond en dis net om geld te mors en kamma gesien te word as die “saints”. Miskien moet die wêreld net kennis neem wat hier aangaan.

Witbaard ·

Hierdie klomp losers kan nie eers hulle eie konflik oplos nie, wat ‘n GRAP!!!!

Ilze ·

Hou julle neuse uit die Rusland/Oekraniene oorlog. Wat gaan julle doen as die hond omdraai en storm?

Manie ·

Die lotjie is niks anders as geborgde wêreld reisigers nie. Hulle wis niks, maar kerjakker die wêreld vol op ons geld.

Jakes ·

Ag asb, is dit n siek grap? Hoe op aarde kan onbevoegde mense n internasionale oorlog probeer tot stilstand bring? Dieselfde mense wat ons eie land reeds oor die afgrond in bestuur het wil nou as bemuddelaars optree? Ek bekou hulle as n verleentheid vir die samelewing.

Gaitsigubib ·

Ag dis tog goed om dan en wan sulke berigte te kry. Dan kan mens weer lekker lag en jy voel sommer weer opgekikker. Dankie MM!

Nico ·

Rusland het nog nooit verander nie, so die Kommunis in Suid Afrika.

Swerwer ·

Sy kan nie eens ons land se probleme aanspreek en ‘n sogenaamde oplossing vind vir die moord en doodslag in ons eie land nie. Lagwekkend.

Chillipit ·

Maar hulle wil vir Putin gaan raad gee ???? Of is sy nou die “polisiemannetjie” ????????????

Miena ·

Ek verstaan jou – maar jy moet pasop netnou hoor iemand iets anders kla jou aan en se jy se sy is n police monkey

Chillipit ·

Dis presies hoekom ek dit geskryf het, maar gelukkig kan hulle duidelik lees wat daar staan … LOL

Miena ·

Ag nee jong – hoe kan hulle vrede probeer werkstellig in ander lande as hulle dit nie self in hul eie plek kan regkry nie? Nosiviwe Mapisa-Nqakula en taakspan – kry jul huis in orde dan bekommer jy jouself oor ander lande. Dit is soos ons in die Veiligheids & Risiko Bedryf se van “trying to sweep water uphill”.

Sarel ·

Die SA Regering is Pro Rusland so hoe gaan hulle aan
Neutrale samesprekings deelneem.
Mbeki sou beter gedoen het..

Johann ·

Askuus? Wat ‘n arrogante vermeteldheid! So ‘n klomp selfaangewese magsmal korrupte anargiste wat ‘n terroriste organisasie as hul alama mater proclaim gaan met hulle mede comrades gesels oor die massa moord wat gepleeg word? IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE WAT VERMOOR WORD???????SIEK!!!!!

Jaco ·

Uiters vreemd dat die ANC so min of meer vir Rusland steun. Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en beskerming teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe: ‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap.
Die ANC is vol dubbele standaarde: blykbaar is Rusland se “beskerming” van Russe in die Oekraïne reg. Blykbaar is die skep van ‘n Palestynse staat reg. Blykbaar is die outonomie wat China aan Hong Kong en Macao gee ook reg. Net wit mense/nie-ANC-mense in die Wes-Kaap wat vra vir outonomie/selfregering is egter verkeerd, rassisties en “vol apartheid”.

Boatsie ·

Oooo lekke verniet kos, drank, slaapplek, niks doen en nog wat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.