Meeste produkte bied riglyne in die beskrywing op die verpakking waar jy dit moet bêre, maar sommige persone het hul eie voorkeur waar hulle iets stoor.
Tamatiesous, blatjang en mayonnaise moet byvoorbeeld, sodra dit oopgemaak is, in die yskas gebêre word, maar sommige mense verkies om dit in die spens te hou. ʼn Debat woed egter ook oor sjokolade.
Sommige persone verkies koue sjokolade uit die yskas, maar ander dink dit moet beslis in die spens gehou word.
Nou het die sjokoladevervaardiger Cadbury uiteindelik bevestig waar jy sjokolade moet bêre.
“Sjokolade moet altyd in ʼn koel, droë, donker plek soos ʼn kas of ʼn spens gehou word teen temperatuur van minder as 21 °C om seker te maak die gehalte word nie geraak nie,” het Cadbury Australië op Twitter gesê.
Dit was in reaksie op ʼn gebruiker genaamd Bruno wat ʼn “besliste” lys saamgestel het van produkte wat in die yskas of spens hoort. “Die 100% akkurate en besliste lys van wat in die yskas hoort en nie hoort nie. Moenie eers kommentaar lewer nie, dis nie ʼn debat nie.”
Hy het sjokolade in die spens-lys geplaas, saam met sojasous, eiers en groente. Hy het botter en sjampanje ook by dié lys bygevoeg.
In sy yskas bêre hy vrugte, konfyt, grondboontjiebotter, koffie, tamatiesous en olyfolie.
Twitter-gebruikers was egter die meeste ontsteld oor die sjokolade in die spens, selfs ná Cadbury se antwoord. “Ek reken ons sal maar net moet saamstem dat ons hieroor verskil,” het een persoon geskryf.
Waar bêre jy jóú sjokolade?
Hi Bruno. Chocolate should always be stored in a slightly cool, dry, dark place such as cupboard or pantry at temperatures less than 21°C to ensure the quality isn’t compromised ????
— Cadbury Australia (@CadburyAU) May 20, 2020
Hier is Bruno se oorspronklike plasing:
The 100% accurate and definitive list of what does and does NOT go in the fridge. Don’t bother commenting, this isn’t up for discussion #TheListKing ????????????????☕️???????????? pic.twitter.com/V9Vcsb55NG
— Bruno Bouchet (@brunobbouchet) May 19, 2020
Ekke eet myne en bere dit in my maag. Voor manlief en kinders dit kry. Gaan beslis nie met dit mors nie
Ek stem saam – ek het nie besef dit hoef êrens gebêre word nie….
In my kamer.
Dis koel en donker daar.
Dit gaan net yskas toe wanneer in ons oondwarm sitkamer was en dalk gesmelt het.
Dit is cadbury sjokolade …nie n tv wat jy na staar nie…eet hom op . So gou as moontlik..anders vat die kinders hom
Haha bêre myne in my maag ….
Dis ñ geval van KOOP EET en GENIET ????
Ek sit myne so gou moontlik in my mond.
By my hou sjokolade nie lank genoeg om gebêre te worre nie!
Sjokolade is nie bedoel om gebere te word vir die maer jare nie, Die goed kan verslaan, muf of plainweg net wegraak. Mens kan all hierdie rampe voorkom deur dit so gou moontlik in jou maag te bere.
Manlief het vir my 80% donker sjokolade gekoop klompie jaar terug. Galbitter en nie eers hond wou saameet nie. Laaste 2 blokkies het in bedkassie vergete geraak, ontdek dit weer so paar weke terug, nog net soos dit was, nie eers muf of goggas wou naby dit kom nie.
Bruno is verveeld. Siestog hy hy het beslis tekort aan iets. Lei maar af waarna ek verwys en dis nie sjokolade nie.
In my pens
Dit hang seker maar af van waar n mens bly. In die warm bosveld word meeste goed liefs in d yskas gebêre want botter en brood muf in d hitte en sjokolade smelt.
Onderklere laai tot slaaptyd, al plek waar dit veilig is tot ek en pa alleen kan eet.