Sportnuus

maroela-media-sportnuus-01Sewesrugby

Kaartjieverkope vir die derde been van die Wêreldsewestoernooi verkoop traag. Die toernooi word op 28 en 29 Januarie in Wellington, Nieu-Seeland, gespeel.

Krieket

Suid-Afrika het die tweede kriekettoets teen Sri Lanka op Nuweland in Kaapstad met 282 lopies gewen en so ook die reeks ingepalm. Die speler van die wedstryd, Kagiso Rabada, het tien paaltjies vir 92 lopies platgetrek. Die derde en laaste toets begin aanstaande Donderdag, 12 Januarie.

Intussen het KSA aangekondig dat Kyle Abbott se kontrak opgehef word omdat hy graafskapkrieket gaan speel. Rilee Rossouw is ook op pad na die buiteland.

Australië

In die derde en laaste toets tussen Australië en Pakistan het Pakistan 315 in hul eerste beurt aangeteken in antwoord op die 538 van Australië. Australië kolf in hul tweede beurt en het reeds ʼn voorsprong van meer as 300 lopies…

T20-krieket

Nieu-Seeland en Bangladesj speel vandag in die tweede T20-wedstryd van hul reeks teemekaar. Bangladesj jag 196 lopies om te wen.

Sunfoil-krieketreeks

Op die Mangaung Ovaal in Bloemfontein was geen spel op dag een moontlik in die wedstryd tussen die Knights en Titans nie as gevolg van reën.

Op Kingsmead in Durban:

Warriors 231

Dolphins 39/0 (11 ov) en is nog 192 lopies agter met 10 paaltjies staande in die eerste beurt.

Op die Ontspanningsterrein op Oudtshoorn:

Lions 126

Cape Cobras 19/1 (10 ov) en is 107 lopies agter met 9 paaltjies staande.

Tydrennuus

Die 38ste Dakar-tydren se vierde skof oor 521 km is voltooi en het vir talle probleme gesorg.

Nasser Al-Attiyah, wat die tydren reeds by twee geleenthede gewen het, moes hom aan die tydren onttrek weens skade aan sy motor terwyl die verdedigende motorfietskampioen, Toby Price, sy been gebreek het.

Motorafdeling:

Cyril Despres is die nuwe voorloper in sy Peugeot

Motorfiets:

Spanje se Joan Barreda op sy Honda is steeds voor.

Tennis

Op die jaarlikse Hopman-bekerkompetisie vir gemengde spanne in Perth, Australië,

het Spanje gister die Tjeggiese Republiek met 2-1 geklop. Die VSA het met 2-1 afgereken met Australië.

Novak Djokovic het die halfeindronde van die Qatar Ope in Doha gehaal deur die  veteraan Radek Stepanek uit te skakel.

Vrouetennis

Die wêreld se no. 1-speler, Angelique Kerber, moes haar tasse pak nadat sy in die kwarteindronde op die Brisbane Internasionale toernooi deur Elina Svitolina geklop is.

Gholf

Die Amerikaanse PGA-reeks se Toernooi van Kampioene se eerste ronde is in Hawaii voltooi.

1Jimmy Walker-8F-865
2Jim Herman-6F-667
Justin Thomas-6F-667
Ryan Moore-6F-667
28Branden GraceEFE73

Vrouegholf

Na die tweede ronde van die SuperSport-vroueuitdaagreeks op Huddle Park lyk die voorlopersbord so!

1Monique SmitRSA-7137(68)
2Kim WilliamsRSA-4140
3Kiran MatharuENG-3141
4Melissa EatonRSA-2142

Sokker

In die Engelse FA-beker speel West Ham United vanaand teen Manchester City.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Ek kry nie die Dakar-wedren op dstv nie – watter kanaal is dit?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.